250px|duimnael|’n Malgas met ’n valiha. duimnael|’n Wiegeliedjie wat op die valiha gespeel word.

Die valiha is ’n buisagtige musiekinstrument van Madagaskar soortgelyk aan ’n siter. Dit word van ’n spesie plaaslike bamboes gemaak en beskou as die land se "nasionale instrument". Die term word ook gebruik vir ’n paar verwante instrumente van verskillende vorms en materiale.

Benewens ontspanningsmusiek word die valiha ook gebruik vir rituele musiek om geeste op te roep.

Beskrywing Die valiha het gwoonlik 21-24 snare. Dit is histories van repe van die bamboes gemaak, maar deesdae word fietsremkabels gebruik, hoewel ernstige spelers ook kitaar- of klaviersnare sal gebruik.

’n Ander instrument, die marovany, is soortgelyk, maar boksagtig eerder as buisvormig en word van hout of plaatmetaal gemaak.

Verwysings

Eksterne skakels ’n Aanlyn valihakursus deur Bana Rahalahy 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Kultuur in Madagaskar