Raphia is ’n genus van 22 spesies palms wat inheems aan tropiese streke van Afrika, veral Madagaskar, is. Een spesie (R. taedigera) kom ook in Sentraal- en Suid-Amerika voor.Kew World Checklist of Selected Plant Families

R. taedigera is die bron van raffia, vesels van die blare wat vir weefwerk gebruik word. Dié spesie dra ook ’n vrug.

Die bome word tot 16 m hoog en is bekend vir hul saamgestelde veeragtige blare, die langste in die planteryk; die blare van R. regalis word tot 25 m lankHallé, F. 1977. The longest leaf in palms? Principes 21: 18. en 3 m breed. Die plante blom net een keer en gaan dood wanneer die sade ryp is.

Spesies duimnael|245px|Vrugte van die raffiapalm (Muséum de Toulouse). Raphia africana Otedoh – Nigerië, Kameroen Raphia australis Oberm. & Strey – Mosambiek, Suid-Afrika Raphia diasticha Burret – Ghana tot by Demokratiese Republiek die Kongo Raphia farinifera (Gaertn.) Hyl. – Afrika van Senegal tot Tanzanië, suid tot Mosambiek en Zimbabwe Raphia gabonica S.Mogue, Sonké & Couvreur – Gaboen Raphia gentiliana De Wild. – Demokratiese Republiek die Kongo, Sentraal-Afrikaanse Republiek Raphia hookeri G.Mann & H.Wendl. – Wes- en Sentraal-Afrika van Liberië tot Angola Raphia laurentii De Wild. – Angola, Demokratiese Republiek die Kongo, Sentraal-Afrikaanse Republiek Raphia longiflora G.Mann & H.Wendl. – van Nigerië tot Demokratiese Republiek die Kongo Raphia mannii Becc. – Nigerië, Bioko Raphia matombe De Wild. – Cabinda, Demokratiese Republiek die Kongo Raphia monbuttorum Drude – Nigerië, Kameroen, Tjad, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Suid-Soedan Raphia palma-pinus (Gaertn.) Hutch. – Wes-Afrika van Liberië tot Cabinda Raphia regalis Becc. – Sentraal-Afrika van Nigerië tot Angola Raphia rostrata Burret – Cabinda, Demokratiese Republiek die Kongo Raphia ruwenzorica Otedoh – Oos-Demokratiese Republiek die Kongo, Rwanda, Burundi Raphia sese De Wild. – Demokratiese Republiek die Kongo Raphia sudanica A. Chev. – Wes-Afrika van Senegal tot Kameroen Raphia taedigera (Mart.) Mart. – Nigerië, Kameroen, Sentraal-Amerika (Costa Rica, Nicaragua, Panama), Suid-Amerika (Colombia) Raphia textilis Welw. – Cabinda, Demokratiese Republiek die Kongo, Gaboen, Angola Raphia vinifera P. Beauv. – Wes-Afrika van Demokratiese Republiek die Kongo tot Benin Raphia zamiana S.Mogue, Sonké & Couvreur – Gaboen, Kameroen

Raffiavesels duimnael|180px|Voorbeeld van ’n artikel wat van raffiavesels gemaak kan word.

Raffiavesels word algemeen gebruik om mandjies, plekmatjies, hoede, skoene en ander artikels van te maak. Die vesels kom aan die onderkant van die blare voor. Dit word afgetrek en kan dan gekleur en geweef word.

Verwysings

Eksterne skakels Kew palms checklist: Raphia Sorting Raphia names PACSOA: Raphia South Africa plants: Raphia australis Palm Pedia

Kategorie:Palms