Aiden Kyle Markram (gebore 4 Oktober 1994) is 'n Suid-Afrikaanse krieketspeler wat die kaptein van die Suid-Afrikaanse o/19-krieketspan was wat die 2014 IKR Onder-19 Krieketwêreldbeker gewen het. Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 2019 en 2023, die T20I-wêreldbekertoernooie in 2021, 2022, 2024 en 2026, asook die Kampioenetrofee 2025 vir Suid-Afrika gespeel. Tydens die T20I-wêreldbeker 2024 kon Suid-Afrika vir die eerste keer die eindstryd van 'n krieket- of T20I-wêreldbekertoernooi vir mans haal, maar hulle het naelskraap met sewe lopies teen Indië verloor. Hy was ook deel van Suid-Afrika se seëvierende span wat tydens die Wêreldtoetskampioenskap 2023–2025-eindstryd Australië geklop het, gelyk aan die Proteas se tweede internasionale kriekettitel ná die Kampioenetrofee 1998.
Plaaslike loopbaan Markram het sy Eersterangse krieketdebuut vir Noordelikes krieketspan teen Suid-Westelike Distrikte op 9 Oktober 2014 gemaak. Hy was ingesluit in die Noordelikes krieketspan vir die 2015-Afrika T20-beker. Northerns Squad / Players – ESPNcricinfo. Verkry op 31 Augustus 2015.
Internasionale loopbaan Debuutjaar In Junie 2017 is hy vir Suid-Afrika se Toetsspan gekies vir hul reeks teen Engeland, maar het nie gespeel nie. In Augustus 2017 is hy as kaptein van die Suid-Afrika A krieketspan aangewys vir hul twee vierdagwedstryde teen Indië A.
In Oktober 2017 is hy bygevoeg tot Suid-Afrika se Internasionale eendagspan (EDI) voor die derde wedstryd teen Bangladesj, as vervanger vir Hashim Amla. Hy het sy EDI-debuut vir Suid-Afrika teen Bangladesj gemaak op 22 Oktober 2017, teken 66 lopies aan en neem 2 paaltjies met die bal.
In Desember 2017 behaal hy sy tweede toetshonderdtal en word die eerste Suid-Afrikaanse speler om twee honderdtalle in sy eerste drie Toetse aan te teken.
Op 30 Maart 2018 het Markram sy loopbaan-beste telling van 152 lopies op die eerste dag van die vierde toets teen Australië aangeteken.
Verwysings
Eksterne skakels
Aiden Markram by ESPNcricinfo
Kategorie:Geboortes in 1994 Kategorie:Suid-Afrikaanse krieketspelers Kategorie:Lewende mense