Peter Temple (10 Maart 1946 – 8 Maart 2018) was 'n joernalis en misdaadfiksieskrywer in Suid-Afrika en Australië. Hy het internasionaal bekend geword vir sy skryfwerk. Temple is in Vryburg gebore en het aan die Selborne Kollege in Oos-Londen gematrikuleer. Hy doen opleiding in joernalistiek in The Star se gebou in Johannesburg. Hy gaan later na Rhodes-universiteit om geskiedenis te studeer.

Hy het eers as joernalis en subredakteur by The Argus en die Sunday Express gewerk. In die laat 1970's is hy vir twee jaar na Duitsland en in 1980 het hy hom voltyds in Australië gevestig waar hy onder andere vir The Sydney Morning Herald gewerk het.

Hy het nege boeke geskryf en het in 2010 die gesogte Miles Franklin-prys ontvang vir sy boek Truth. Sy vier Jack Irish-romans is in 'n televisiereeks omskep.

Hy is in Ballarat, Victoria, Australië, aan kanker oorlede. Hy laat sy vrou, Anita Rose-Innes, 'n seun, 'n kleinseun en drie sibbes agter.

Bron Veelbekroonde skrywer skryf sy al as kind sy eerste 'roman'– in SA, Rapport, 1 April 2018

Kategorie:Australiese skrywers Kategorie:Suid-Afrikaanse joernaliste Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1946 Kategorie:Sterftes in 2018