Die Taigagaai (Perisoreus infaustus) is ’n klein gaai met ’n groot verspreidingsgebied in die naaldboomwoude van Noord-Eurasië.

Kenmerke Taigagaaie word sowat 30 cm lankHogstad O. 2016. Hunting strategies by Siberian jays Perisoreus infaustus on wintering small rodents. Ornis Norvegica 39: 25-28. en hul vlerkspan is sowat 40 cm. Hulle weeg tussen 75 en 90 g. Mannetjies en wyfies lyk dieselfde. Die volwasse voëls is grysbruin, met ’n donkerbruin kop, bleker voorkop en dowwe geel bors. Die lyf is gelerig en die ken en keel grys. Die snawel en pote is swart.Coombes F. 1978. The Crows, a Study of the Corvids of Europe. BT Batsford Limited Oor die geheel is hulle baie vaal en dit beskerm hulle teen hul vyande in die woudomgewing.Blomgren A. 1971. Studies of less familiar birds, 162: Siberian jay. British Birds 64: 25-28. Die vere is baie sag en donserig om hulle in die winter teen uiterse koue te beskerm. Hulle verveer een keer per jaar, van middel Junie tot middel September. ’n Voël kan tot 20 jaar oud word,Lillandt B-G, Bensch S, von Schantz T. 2003. Family structure in the Siberian jay as revealed by microsatellite analysis. The Condor 105: 505-514. hoewel die gemiddelde ouderdom 7,1 jaar is.Birdlife International. 2016. Perisoreus infaustus. The IUCN Red List of Threatened Species. e.T22705775A87356809. https://dx.doi.org/10.2305/IUCN.UK.2016-3.RLTS.T22705775A87356809.en

Verspreiding en habitat Soos hul naam aandui, kom die voëls in die taiga voor. Hulle is inheems aan Noorweë, Swede, Finland, Rusland, Mongolië, Kazachstan en China. Hulle is hoofsaaklik standvoëls wat dus heeljaar in een gebied bly.

Die spesie het agt subspesies: P. i. infaustus: Skandinawië en Noordwes-Rusland. P. i. ostjakorum: Van Noordoos-Europese Rusland tot die noorde van Sentraal-Siberië. P. i. yakutensis: Noordoos-Siberië. P. i. ruthenus: Wes-Rusland. P. i. opicus: Oos-Kazachstan, Noordwes-China en Suidwes-Siberië. P. i. sibericus: Sentraal-Siberië en Noord-Mongolië. P. i. tkachenkoi: Suidelike deel van Sentraal-Siberië. P. i. maritimus: Suidoos-Siberië en Noordoos-China.

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Gaaie