Die Oukloofdam verskaf drink- en besproeiingswater aan Prins Albert en omgewing.
Ligging Die dam lê net suidoos van die dorp in die Cordiersrivier, ‘n linkersytak van die Sandrivier. Die Sandrivier is meestal 'n droë loop, en loop noordwes van die dorp in die Gamkarivier.
Dam Dit is in die jare 1929–1931 gebou en het ‘n maksimum volume van 4 200 000 m³ en dan is sy oppervlakte 0,38 km². Sy opvanggebied is 184 km² op die noordelike helling van die Swartberge en dit bedien 2,4 km² besproeiingsgrond.
Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika
Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Wes-Kaap