Die dikbekraaf (Corvus crassirostris), ’n lid van die familie Corvidae van die Horing van Afrika, is saam met die gewone raaf die grootste voëls in die familie. Hulle is ook die grootstes van die mees uiteenlopende voëlorde van heelwat meer as 5 000 geïdentifiseerde spesies, die sangvoëls. Die dikbekraaf is gemiddeld 64 cm lank en weeg sowat 1,15 kg (wyfies) tot 1,5 kg (mannetjies).Madge, S. (2010). Crows and jays. A&C Black.Brehm, A.E. (1900). Tierleben, Die Vogels.

Dit het ’n baie groot, geboë snawel en dit gee die voël ’n kenmerkende voorkoms. Die snawel van 8-9 cm, die grootste van enige sangvoël, is swart met ’n wit punt en diep groewe.Laiolo, P., & Rolando, A. (2003). Comparative analysis of the rattle calls in Corvus and Nucifraga: the effect of body size, bill size, and phylogeny. The Condor, 105(1), 139-144. Dié raaf het baie kort vere aan die kop, keel en nek. Die keel en bobors het ’n olierige bruin glans, terwyl die res van lyf glansend swart is, buiten die kenmerkende wit kol aan die agternek.

Verspreiding en habitat Sy hougebied is in Eritrea, Somalië en Ethiopië; sy habitat sluit in berge en hoë plato's van tussen 1 500 en 3 400 m. Dit is een van verskeie voëlspesies wat inheems aan die tropiese Noordoos-Afrika is.Fjeldså, J., & De Klerk, H. (2001). Avian endemism in northeastern tropical Africa. Biol. Skr, 54, 259-271.

Stem Die dikbekraaf se geluide sluit in ’n hees nasale gekras, ’n lae hyggeluid en soms ’n "dienk-dienk-dienk"-geluid. Nes baie ander sangvoëls kan dié spesie klanke naboots. Dit gebeur egter selde in die natuur en word gewoonlik in aanhouding gehoor.

Verwysings

Eksterne skakels Thick-billed Video's, foto's & klanke by die Internet Bird Collection

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Rawe