duimnael|220px|Keas is bekend vir hul intelligensie en nuuskierigheid, albei belangrike eienskappe vir oorlewing in die strawwe bergomgewing waar hulle voorkom. Hulle kan logiese raaisels oplos, soos om dinge in ’n sekere volgorde te druk of trek om by kos uit te kom. Hulle kan ook saamwerk om ’n sekere doel te bereik.

Voëlintelligensie behels intelligensie en die bepaling daarvan by voëls. Die probleme om intelligensie by niemenslike diere te bepaal maak dit ’n moeilike onderwerp van wetenskaplike studie. Anatomies het voëls (10 000 spesies wat direkte afstammelinge van Theropoda-dinosourusse is) ’n relatief groot brein in vergelyking met die grootte van hul kop. Die gesig- en gehoorsintuig is in die meeste spesies goed ontwikkel, terwyl die tas- en reuksintuig in ’n paar groepe goed is. Voëls kommunikeer met behulp van visuele seine sowel as geluide. Die toets van hul intelligensie is dus geskoei op die bestudering van hul reaksie op sintuiglike prikkels.

Studies duimnael|220px|Kormorante wat deur vissermanne in Suidoos-Asië gebruik word, is dalk in staat om te tel.

Verskeie studies is al gedoen oor die intelligensie van voëls soos kwartels, hoenders en duiwe wat deur die mens aangehou word. Min studies is egter in die natuur gedoen, anders as met byvoorbeeld ape. Voëls in die kraaifamilie (Corvidae) en papegaaie (Psittacinae) het ’n sosiale lewe, ’n lang ontwikkelingstydperk en groot voorbreine, en dit alles lei moontlik tot ’n beter begripsvermoë.Nathan J. Emery (2006) Cognitive ornithology: the evolution of avian intelligence. Phil. Trans. R. Soc. B (2006) 361, 23–43, princeton.edu

Tel word beskou as ’n teken van intelligensie. Anekdotiese bewyse uit die 1960's dui daarop dat kraaie tot by drie kan tel.Rand, Ayn 1967. Introduction to Objectivist Epistemology. New York: The Objectivist. Navorsers moet egter versigtig wees om seker te maak voëls toon nie net die vermoë om ’n klein getal vinnig op te som nie.Miller, D.J. (1993). Do animals subitize? In S.T. Boysen & E.J. Capaldi (reds.), The development of numerical competence: Animal and human models (pp. 149–169). Hillsdale, N.J.: Erlbaum. Sommige studies, soos aan die Moskouse Staatsuniversiteit, dui egter daarop dat kraaie wel kan tel.A.A. Smirnova, O.F. Lazareva en Z.A. Zorina (2000) Use of number by crows: investigation by matching and oddity learning. J. Experimental analysis of Behaviour 73:163–176 PDF , seab.envmed.rochester.edu Daar is al bewys papegaaie kan tot by ses tel.

Dit lyk of kormorante wat deur Chinese vissermanne gebruik word en wat elke agtste vis as beloning kry, tot by sewe kan tel. E.H. Hoh skryf in die tydskrif Natural History Pamela Egremont het in die 1970's op die Lirivier gesien die voëls het nadat hulle hul kwota van sewe visse gevang het, botweg geweier om te beweeg tot hul nekringe losgemaak is en hulle ’n vis as beloning gekry het. Sy het in die Biological Journal of the Linnean Society geskryf hulle het bewegingloos bly sit en nie eens gereageer as hulle gestamp of gestoot is nie. Ander voëls, wat nog nie hul kwota bereik het nie, het egter bly visvang. "’n Mens word gedwing om af te lei hierdie uiters intelligente voëls kan tot by sewe tel," het sy geskryf.Hoh, Erling Hoh (1988) Flying fishes of Wucheng – fisherman in China use cormorants to catch fish. Natural History. Oktober 1988

Baie voëls kom ook agter wanneer daar die verkeerde hoeveelheid eiers in hul nes is. Parasitiese koekoeke verwyder byvoorbeeld ’n eier van ’n ander voël en lê dan een van haar eie eiers in die nes.

Assosiasies Visuele of klankseine en hul assosiasie met kos en ander belonings is goed bestudeer, en voëls is al opgelei om ingewikkelde vorms te herken en onderskei. Dit is waarskynlik ’n belangrike eienskap vir hul oorlewing.

Ruimte en tyd ’n Algemene toets van intelligensie is om ’n glasafskorting tussen die dier en kos te plaas. Die meeste soogdiere kom agter die kos kan bereik word deur eers weg te gaan daarvan. Terwyl hoenders die toets druip, kan baie voëls in die kraaifamilie die probleem oplos.Scott, John P. 1972. Animal Behavior. Univ. of Chicago Press. Chicago, Ill. p. 193.

Groot vrugtevretende voëls in tropiese woude is afhanklik van bome wat op verskillende tye van die jaar vrugte dra. Baie spesies, soos duiwe en trompetters, kan op ’n sekere tyd van die jaar op die regte plek gaan kos soek. Voëls wat hul kos iewers bêre, het ook die vermoë om te onthou waar hul bergplekke is. Nektarvretende voëls soos kolibries onthou ook waar goeie en slegte blomme is.Healy, S.D. & Hurly, T.A. 1995 Spatial memory in rufous hummingbirds (Selasphorus rufus): a field test. Anim. Learn. Behav. 23, 63–68. Studies van die westelike struikgaai dui ook daarop voëls kan vooruit beplan. Hulle bêre kos volgens hul toekomstige behoeftes en loop die gevaar om dit daarna nie weer te kry nie, tensy hulle die bergplekke onthou.C. R. Raby, D. M. Alexis, A. Dickinson and N. S. Clayton 2007. Planning for the future by western scrub-jays. Nature 445, 919–921 PDF, bec.ucla.edu

Baie voëls volg streng tydroosters in hul bedrywighede. Hulle is sensitief vir die lengte van die dag. Dit is veral belangrik by spesies wat migreer. Die vermoë om rigting te hou tydens migrasies word toegeskryf aan voëls se uitstekende sintuiglike vermoëns, eerder as intelligensie.

Ritme Navorsing met ’n kokketiel met die naam Snowball wat in 2008 gepubliseer is, het gewys voëls kan die ritme in mensgemaakte musiek identifiseer.Patel, Aniruddh D.; Iversen, John R.; Bregman, Micah R.; Schulz, Irena & Schulz, Charles (2008–2008), "Investigating the human-specificity of synchronization to music", Proceedings of the 10th Intl. Conf. on Music Perception and Cognition (Adelaide: Causal Productions)

Bewustheid van die self Die spieëltoets word gedoen om te kyk of voëls hulself in ’n spieël kan herken en stel navorsers in staat om te bepaal of voëls bewus is van die self en hulself van ander diere kan onderskei. Eurasiese eksters is die enigste diere benewens ’n paar soorte soogdiere wat dié toets slaag deurdat hulle ’n kleurplakker wat onderaan hul snawel geplak is, probeer verwyder wanneer ’n spieël voor hulle neergesit word.

Sommige studies wys op die moontlikheid dat voëls – wat meer as 300 miljoen jaar gelede van die soogdiere afgeskei en onafhanklik geëvolueer het – breine ontwikkel het wat in staat is tot soogdieragtige bewustheid deur middel van ’n proses wat "samelopende evolusie" genoem word. Hoewel voëls se brein ’n heel ander struktuur het as dié van ontwikkelde soogdiere, bevat albei die soort senuweekringloop wat verbind word met bewustheid op ’n hoër vlak, volgens ’n ontleding in 2006 van die neuroanatomie van bewustheid in voëls en soogdiere. Die navorsers het erken eenderse senuweekringlope alleen is nie noodwendig ’n teken van bewustheid nie, maar het opgemerk hul studies is in ooreenstemming met ander navorsing.

Gereedskap duimnael|280px|Dié spegvink gebruik ’n stokkie om ’n wurm te deurboor (links); op die foto regs sit hy met die wurm in sy bek.

Baie voëls het al tekens getoon dat hulle gereedskap kan gebruik. Oor die definisie van die term "gereedskap" word egter gedebatteer. Een voorgestelde definisie is in 1973 deur T.B. Jones en A.C. Kamil opgestel:

Volgens dié definisie gebruik ’n baardaasvoël wat ’n been op ’n klip gooi nie gereedskap nie, want die klip is nie ’n uitbreiding van sy liggaam nie. Die gebruik van ’n klip in die bek om ’n volstruiseier te breek, kwalifiseer egter die Egiptiese aasvoël as ’n gereedskapgebruiker. Baie ander spesies soos pappegaaie, kraaie en verskeie sangvoëls gebruik ook gereedskap.

Wipsnawelkraaie is al in die natuur gesien waar hulle insekte met ’n stok in hul bek uit boomstompe krap. Terwyl jong voëls dié gedrag in die natuur leer, het ’n laboratoriumkraai met die naam Betty ’n stuk haakgereedskap van ’n draad gemaak sonder enige vorige ondervinding.Crow making tools , news.nationalgeographic.com Die spegvink van die Galapagos-eilande gebruik ook eenvoudige stokgereedskap om kos in die hande te kry. ’n Jong groot kaktusgrondvink in aanhouding het dié gedrag nageboots nadat hy ’n spegvink in die hok langsaan dopgehou het.Millikan, G.C. & Bowman, R.I. (1967). Observations on Galapagos tool-using finches in captivity. Living Bird, 6, 23-41

Aras is al gesien waar hulle ’n stuk tou gebruik om kos in die hande te kry wat moeilik bereikbaar is. Groenrugreiers gebruik aas om vis mee te vang.

Waarneming Die gebruik van belonings om reaksies uit te lok word dikwels in laboratoriums gebruik om intelligensie te toets. Diere se vermoë om te leer deur waarneming en nabootsing word egter as belangriker beskou. Kraaie word beskou as voëls wat by mekaar leer.Bugnyar, T. & Kotrschal, K. 2002 Observational learning and the raiding of food caches in ravens, Corvus corax: is it 'tactical' deception? Anim. Behav. 64, 185–195.

Breinsamestelling duimnael|links|180px|Pappegaaie, soos dié gryspapegaai, is van die slimste voëls.

Aan die begin van die 20ste eeu is gemeen voëls het hoogs ontwikkelde basale ganglia (senuknope in die voorbrein), maar moderne studies weerspreek dit.Reiner, A. et al., (2005) Organization and Evolution of the Avian Forebrain, The Anatomical Record Part A 287A:1080–1102 Die basale ganglia maak ’n klein deel van die voël se brein uit. Wat wel met soogdiere ooreenstem, is die grootte van voëls se brein in vergelyking met die res van hul liggaam. Veral die kraaifamilie en pappegaaie se brein is in dié opsig vergelykbaar met dié van hoër primate.

Studies met voëls in aanhouding het ’n idee gegee van watter voëls die intelligentste is. Terwyl pappegaaie menslike spraak kan namaak, toon studies met die gryspapegaai sommige het die vermoë om woorde met hul betekenis te verbind en om eenvoudige sinne saam te stel.Irene Pepperberg (1998), Talking with Alex: Logic and speech in parrots. Scientific American. Besoek op 12 September 2007 . Pappegaaie, kraaie en gaaie word beskou as die intelligentste voëls. Navorsing het ook getoon hulle het die grootste hoë vokale sentrums, wat belangrik is by sangvoëls.

Sosiale gedrag ’n Sosiale lewe is nog altyd beskou as ’n belangrike faktor in die evolusie van intelligensie. Baie voëls het sosiale organisasies, en los gemeenskappe is algemeen. Baie kraaispesies stig af in klein familiegroepe (of "clans") vir bedrywighede soos nesmakery en territoriale verdediging. Hulle kom dan in groot swerms bymekaar wat uit verskillende spesies bestaan wanneer hulle migreer. Sommige voëls gebruik spanwerk om te jag. Roofvoëls is al gesien waar hulle in pare werk – die een sal die prooi se aandag aflei terwyl die ander daarop toesak.

Sosiale gedrag verg individuele identifikasie, en die meeste voëls lyk of hulle hul maats, sibbes en kleintjies uitken. Nog tekens van intelligensie is speel en samewerkende paring.

Wanneer kraaie kos vang, lyk dit of hulle sensitief is vir wie hulle dit sien wegsteek. Hulle steel ook kos wat deur ander gevang is.

Kommunikasie