duimnael|255px|’n Ekster van Swede, 2016.

Eksters is voëls van die kraaifamilie, Corvidae. Dit sluit die swart-en-wit Europese ekster in wat algemeen beskou word as een van die slimste diere in die wêreldhttps://www.welcomewildlife.com/worlds-smartest-birds/https://www.independent.co.uk/environment/nature/magpies-reflect-on-a-newly-discovered-intellectual-prowess-901857.html en een van die enigstes buiten soogdiere wat hulself in ’n spieël kan herken. Benewens lede van die genus Pica, word kraaiagtiges in die genus Cissa ook as eksters beskou.

Die genus Pica word gewoonlik in gematigde temperatuurstreke van Europa, Asië en westelike Noord-Amerika aangetref, met nog bevolkings in Tibet en hoë dele van Indië en Pakistan. Eksters van die genus Cyanopica kom in Oos-Asië en die Iberiese Skiereiland voor.

Spesies Volgens sommige studies vorm eksters nie die monofiletiese groep wat meestal gedink word nie – ’n lang stert het onafhanklik in verskeie lyne van die kraaifamilie langer (of korter) geword.Ericson et al. (2005) Onder die tradisionele eksters is daar twee aparte lyne. Een bevat die swart-en-wit holarktiese spesies (uit die noordelike deel van die arktiese streke) wat moontlik na verwant is aan kraaie en Europsese gaaie. Die ander lyn bevat verskeie spesies van Suid- tot Oos-Asië met helder kleure, hoofsaaklik groen en blou.

Die asuurvlerk-eksters en Iberiese ekster, wat voorheen as een spesie beskou is, word nou as twee verskillende spesies gelys en geklassifiseer as die genus Cyanopica.Kyukov et al, Synchronic east–west divergence in azure-winged magpies (Cyanopica cyanus) and magpies (Pica pica), Journal of Zoological Systematics and Evolutionary Research 42(4): 342-351 (2004)

Holarktiese eksters Genus Pica Pica pica (Europese ekster) Pica hudsonia (Amerikaanse ekster) Pica nuttalli Pica asirensis Pica mauritanica Pica sericea

Oriëntale eksters Genus Urocissa Urocissa caerulea Urocissa erythrorhyncha Urocissa flavirostris Urocissa whiteheadi Urocissa ornata Genus Cissa Cissa chinensis Cissa hypoleuca Cissa thalassina Cissa jefferyi

Asuurvlerk-eksters Genus Cyanopica Cyanopica cyanus Cyanopica cooki

Galery

Verwysings

Eksterne skakels Ekstervideo's, -foto's en -klanke by die Internet Bird Collection 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Kraaiagtiges