Kiribaties (Taetae ni Kiribati), voorheen Gilberties, is 'n Maleis-Polinesiese taal wat saam met Engels die amptelike tale van die eilandnasie Kiribati vorm. Die teks van Kiribati se volkslied, Teirake Kaini Kiribati, is in Kiribaties.
Taalkundiges klassifiseer Kiribaties as 'n Mikronesiese taal wat nou verwant aan Marshallees van die Marshalleilande en Nauruaans van Nauru is. Dit is ietwat minder verwant aan Oos-Polinesiese tale soos Cookeilandse Māori, Hawais, Māori, Rapa Nui en Tahitiaans asook Wes-Polinesiese tale soos Samoaans, Tokelauaans en Tuvaluaans, en het daarnaas nog 'n los verbintenis met Fidjiaans en Tongaans.
Kiribaties word deur 118 401 mense gepraat. Dit is voorheen "Gilberties" genoem ná die seekaptein Thomas Gilbert wat in 1788 saam met die seekaptein John Marshall, ná wie die Marshalleilande genoem is, Kiribati en die Marshalleilande vir Europa ontdek het.
Verwysings
Kategorie:Tale van Kiribati Kategorie:Mikronesiese tale