Rudolphus Franciscus Marie (Ruud) Lubbers (7 Mei 1939 in Rotterdam - 14 Februarie 2018 in Rotterdam) was 'n Nederlandse Christen-demokratiese politikus, diplomaat, hoogleraar en entrepreneur.

Hy was 'n lid van die politieke partye Christen-Demokratiese Appèl (CDA) en Katolieke Volksparty (KVP), 'n voorloper van die CDA-party.Die CDA-party is in 1980 gestig. Van 1982 tot 1994 was hy die CDA se partyleier sowel as die Eerste Minister van Nederland.

Hy het met sukses die groot finansieringstekort asook die toemalige ekonomiese krisis bestry.

Lewensloop Lubbers het ekonomie aan die Erasmus Universiteit Rotterdam gestudeer en was 'n entrepreneur van Hollandia, 'n staalboubedryf in Krimpen aan den IJssel.

Van 1973 tot 1977 was hy Minister van Ekonomiese Sake in die Den Uyl-kabinet gewees. Van 1977 tot 1982 was hy 'n lid van die Tweede Kamer gewees, van 1978 tot 1982 ook as parlementêre verteenwoordiger van die CDA-groep.

Van Oktober 1982 tot Januarie 1994 was hy die CDA-partyleier en van November 1982 tot Augustus 1994 die Eerste Minister.

Ook was hy in 1989 en 1994 kortstondig die minister vir Nederlandse Antilliaanse Sake en Aruba.

Na sy politieke loopbaan was hy van 1995 tot 2000 hoogleraar in globalisering aan die Katolieke Universiteit Brabant.

Vervolgens was hy van 1 Januarie 2001 tot 20 Februarie 2005 die negende VN se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge in Genève.Opgevolg deur António Guterres, sedert 2017 die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies.

Die kabinette Lubbers het drie Nederlandse kabinette gelei: Lubbers I-kabinet (1982–1986), 'n samewerking van die CDA- en VVD-partye Lubbers II-kabinet (1986–1989), 'n samewerking van die CDA- en VVD-partye Lubbers III-kabinet (1989–1994), 'n samewerking van die CDA- en PvdA-partye

Verwysings

Bronne Parlement & Politiek

Eksterne skakels

Fotogalery

Kategorie:Nederlandse akademici Kategorie:Nederlandse diplomate Kategorie:Nederlandse ekonome Kategorie:Nederlandse entrepreneurs Kategorie:Nederlandse hoof- uitvoerende beamptes Kategorie:Nederlandse ministers Kategorie:Eerste Ministers van Nederland Kategorie:Lede van die Tweede Kamer van die Stategeneraal Kategorie:Ministers van Ekonomie Kategorie:Verenigde Nasies Kategorie:Geboortes in 1939 Kategorie:Sterftes in 2018