Marshallees (nuwe ortografie: Kajin M̧ajeļ, ou ortografie: Kajin Majōl, [kɑ͡æzʲinʲ(e͡ɤ) mˠɑɑ̯zʲɛ͡ʌɫ]), of Ebon, is 'n Maleis-Polinesiese taal wat saam met Engels die amptelike tale van die eilandnasie Marshalleilande vorm. Marshallees bevat twee dialekte: Rālik (westelik) en Ratak (oostelik).

Taalkundiges klassifiseer Marshallees as 'n Mikronesiese taal wat nou verwant aan Kiribaties van Kiribati en Nauruaans van Nauru is. Dit is ietwat minder verwant aan Oos-Polinesiese tale soos Cookeilandse Māori, Hawais, Māori, Rapa Nui en Tahitiaans asook Wes-Polinesiese tale soos Samoaans, Tokelauaans en Tuvaluaans, en het daarnaas nog 'n los verbintenis met Fidjiaans en Tongaans.

Marshallees word deur 53 200 mense gepraat. Dit is genoem ná die seekaptein John Marshall wat in 1788 saam met die seekaptein Thomas Gilbert, ná wie Kiribati voorheen die "Gilberteilande" genoem is, Kiribati en die Marshalleilande vir Europa ontdek het.

Verwysings

Kategorie:Mikronesiese tale Kategorie:Tale van die Marshalleilande