Die Pretoriaanse Garde (Latyn: cohortes praetoriae) was in die Romeinse Ryk ’n elite-eenheid van die weermag waarin die lede as persoonlike lyfwagte van die keiser gedien het.
Geskiedenis In die tyd van die Romeinse Republiek was die Pretoriaanse Garde ’n klein vergeselmag vir amptenare met hoë range, soos senatore en provinsiale goewerneurs.
Met die oorgang na die Romeinse Ryk het die eerste keiser, Augustus Octavianus, die garde as sy persoonlike lyfwagte aangestel. Hoewel hulle dié diens vir langer as 300 jaar gelewer het, het die garde bekend geraak vir sy intriges en inmenging in die weermag en politiek, tot op die punt waar hulle keisers omvergewerp en hul opvolgers aangewys het.
In 312 het Konstantyn die Grote die garde uiteindelik ontbind.
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Romeinse Ryk Kategorie:Antieke Rome