Tetoem of Tetoen is 'n Maleis-Polinesiese taal wat saam met Portugees die amptelike tale van die eilandnasie Oos-Timor vorm. Dié taal word veral in die hoofstad Dili en in die suidoostelike streke van die eiland Timor gepraat.

Tetoem word deur 463 500 mense op die eiland Timor gepraat en bevat verskeie dialekte soos Tétum Oficial rondom die hoofstad Dili, oostelike Tetoem, suidelike Tetoem, noordelike Tetoem en Nanaek. Dié taal het baie leenwoorde van Portugees en Indonesies/Maleis oorgeneem.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Maleis-Polinesiese tale Kategorie:Tale van Indonesië Kategorie:Tale van Oos-Timor