Martindale is ’n voorstad van Johannesburg, sowat 7 km wesnoordwes van die stadsaal geleë.

duimnael|links|280px|Op dié straatkaart van 1929 kan gesien word hoe Martindale uitgelê is ten opsigte van die ou plase van die Witwatersrand: Die grens van die plaas Braamfontein loop onmiddellik oos daarvan, Middelfontein se grens loop skuins af suid van Newclare en suid daarvan is Langlaagte, terwyl die oostelike grens van Waterval ooreenstem met Martindale se oostelike grens. Die voorstad, wat net sowat 0,2 km² beslaan en nagenoeg 1 km van noordwes tot suidoos en 180 m van noordoos tot suidwes strek, word begrens deur Newlands in die noordweste, Sophiatown in die noorde, Westdene in die suidooste en Westbury in die suide. ’n Groot deel van die voorstad word in beslag geneem deur die hoofkantoor van Johannesburg se metropolisie. Volgens die sensus van 2011 was die voorstad, waarvan die grense vir sensusdoeleindes groter getrek is as Martindale se werklike omvang, se 448 inwoners min of meer gelykop verdeel tussen swart (142), bruin (139) en wit (125). Ook het amper ewe veel inwoners Engels (156) as Afrikaans (152) as hul huistaal aangedui.

Martindale is in 1904 op die plaas Waterval uitgelê en waarskynlik genoem na John Hugh Martin, ’n Ier wat belang gehad het by lisensies vir standplase hier. Dit was vroeër jare nie juis 'n residensiële gebied nie, want in 1934 was hier net vyf Afrikaanse en ses Engelse munisipale kiesers, in 1949 drie en 11 en in 1961 geen.

Bronne Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers Stals, prof. dr. E.L.P (red.). 1978. Afrikaners in die Goudstad. Deel 1. 1886 - 1924. Kaapstad en Pretoria: HAUM.

Verwysings

Kategorie:Voorstede van Johannesburg