Die Sweedse Ryksbankprys in Ekonomiese Wetenskappe ter nagedagtenis aan Alfred Nobel (Sweeds: Sveriges riksbanks pris i ekonomisk vetenskap till Alfred Nobels minne), oftewel Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe of Nobelprys vir Ekonomie, word sedert 1969 elke jaar deur die Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskappe aan mense toegeken, wat 'n besondere bydra tot die ekonomiese wetenskappe gelewer het, hoewel Alfred Nobel in sy testament nie vir dié prys voorsiening gemaak het nie. Dit word as gelykwaardig aan al die ander Nobelpryse beskou, maar staan amptelik as "gedenkprys ter ere van Alfred Nobel" bekend. Die prys word soms vir sy nieamptelike karakter, maar desondanks gelykwaardigheid met al die ander Nobelpryse, gekritiseer. Nogtans word dit as belangrikste toekenning in die vakgebied van Ekonomiese Wetenskappe beskou.

duimnael|links|Hoofgebou van die Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskappe Die akademie kondig die naam van die Nobelpryswenners jaarliks vroeg in Oktober aan, met die Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe tradisioneel laaste en op 'n Maandag. Die prys word jaarliks in Stockholm, Swede, toegeken op 10 Desember, die herdenking van Nobel se dood. Tot en met 2025 is die prys aan altesaam 99 individue toegeken. Nog net drie vroue het dit gekry: Elinor Ostrom in 2009, Esther Duflo in 2019 en Claudia Goldin in 2023.

Die 2025-Sweedse Ryksbankprys in Ekonomiese Wetenskappe ter nagedagtenis aan Alfred Nobel is toegeken aan Joel Mokyr "vir die identifisering van die toestande wat volhoubare groei deur tegnologiese vooruitgang moontlik maak", asook aan Philippe Aghion en Peter W. Howitt "vir die teorie van permanente groei deur kreatiewe vernietiging".

Die pryse, wat 'n bedrag geld (SEK9 miljoen, omtrent VSA$1 miljoen per pryskategorie, wat dan gelykop onder die Bekroondes verdeel word), 'n goue medalje en 'n diploma insluit, word op 10 Desember, die herdenking van Nobel se sterfdag in 1896, tydens 'n seremonie deur die Sweedse koning, tans Carl XVI Gustaf van Swede, in die Stockholmse Konsertsaal uitgedeel.

Hieronder volg 'n lys van die ontvangers van die Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe vanaf 1969 tot op hede.

1960's – 1970's – 1980's – 1990's – 2000's – 2010's – 2020's

1960's + Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe, 1960'sJaar NaamLandBeweegredeAlma materInstelling (belangrikste verblyfreg / ten tye van ontvangs) 1969 75px Ragnar Frisch "vir die ontwikkeling en toepassing van dinamiese modelle vir die analise van ekonomiese prosesse" Universiteit van Oslo Universiteit van Oslo 75px Jan Tinbergen Universiteit van Leiden Erasmus Universiteit Rotterdam

1970's + Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe, 1970'sJaar NaamLandBeweegredeAlma materInstelling (belangrikste verblyfreg / ten tye van ontvangs) 1970 75px Paul Samuelson "vir die wetenskaplike werk waardeur hy statiese en dinamiese ekonomiese teorieë ontwikkel en aktief bygedra het tot die verhoging van die vlak van analise in ekonomiese wetenskap" Harvard-universiteit Massachusetts Instituut van Tegnologie 1971 75px Simon Kuznets "vir sy empiriese gegronde interpretasie van ekonomiese groei wat gelei het tot nuwe en verdiepte insig in die ekonomiese en sosiale struktuur en proses van ontwikkeling" Columbia-universiteit Harvard-universiteit 1972 75px John Hicks "vir hul baanbrekende bydraes tot algemene ekonomiese ewewigs- en welsynsteorie" Universiteit van Oxford Universiteit van Oxford 75px Kenneth Arrow Columbia-universiteit Stanford-universiteit 1973 75px Wassily Leontief "vir die ontwikkeling van die inset-uitset-metode en vir die toepassing daarvan op belangrike ekonomiese probleme" Universiteit van Berlyn Harvard-universiteit 1974 75px Gunnar Myrdal "vir hul baanbrekerswerk in die teorie van geld en ekonomiese skommelinge en vir hul indringende analise van die interafhanklikheid van ekonomiese, sosiale en institusionele verskynsels" Universiteit van Stockholm Universiteit van Stockholm 75px Friedrich Hayek Universiteit van Wene London School of Economics, Universiteit van Chicago 1975 75px Leonid Kantorowitsj "vir hul bydraes tot die teorie van optimale toekenning van hulpbronne" Leningradse Staatsuniversiteit Nowosibirsk Staatsuniversiteit 75px Tjalling Koopmans Universiteit van Leiden Universiteit van Chicago, Yale-universiteit 1976 75px Milton Friedman "vir sy prestasies op die gebied van verbruiksanalise, monetêre geskiedenis en teorie en vir sy demonstrasie van die kompleksiteit van stabiliseringsbeleid" Columbia-universiteit Universiteit van Chicago 1977 75px Bertil Ohlin "vir hul baanbrekende bydraes tot die teorie van internasionale handel en internasionale kapitaalbewegings" Universiteit van Stockholm Stockholm Skool vir Ekonomie 75px James Meade Universiteit van Cambridge Universiteit van Cambridge 1978 75px Herbert A. Simon "vir sy baanbrekende ondersoek na die besluitnemingsproses binne ekonomiese organisasies" Universiteit van Chicago Carnegie Mellon-universiteit 1979 75px Theodore Schultz "vir hul baanbrekende navorsing oor ekonomiese ontwikkeling met besondere aandag op die probleme van ontwikkelende lande" Suid-Dakota Staatsuniversiteit, Universiteit van Wisconsin-Madison Universiteit van Chicago 75px Arthur Lewis London School of Economics Princeton-universiteit

1980's + Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe, 1980'sJaar NaamLandBeweegredeAlma materInstelling (belangrikste verblyfreg / ten tye van ontvangs) 1980 75px Lawrence Klein "vir die skepping van ekonometriese modelle en die toepassing op die ontleding van ekonomiese skommelinge en ekonomiese beleid" Massachusetts Instituut van Tegnologie Universiteit van Pennsilvanië 1981 75px James Tobin "vir sy analise van finansiële markte en hul verhoudings met uitgawesbesluite, indiensneming, produksie en pryse" Harvard-universiteit Yale-universiteit 1982 George Stigler "vir sy seminale studies van industriële strukture, funksionering van markte en oorsake en gevolge van openbare regulering" Universiteit van Chicago Universiteit van Chicago 1983 75px Gérard Debreu "omdat hy nuwe analitiese metodes in ekonomiese teorie ingesluit het en vir sy streng herformulering van die teorie van algemene ewewig" École Normale Supérieure, Universiteit van Parys Universiteit van Kalifornië, Berkeley 1984 Richard Stone "omdat hy fundamentele bydraes gelewer het tot die ontwikkeling van stelsels van nasionale rekeninge en dus die basis vir empiriese ekonomiese ontleding aansienlik verbeter het" Universiteit van Cambridge Universiteit van Cambridge 1985 75px Franco Modigliani "vir sy baanbrekende ontledings van besparing en finansiële markte" The New School for Social Research Massachusetts Instituut van Tegnologie 1986 75px James M. Buchanan "vir sy ontwikkeling van die kontraktuele en grondwetlike grondslae vir die teorie van ekonomiese en politieke besluitneming" Universiteit van Chicago George Mason-universiteit 1987 75px Robert Solow "vir sy bydraes tot die teorie van ekonomiese groei" Harvard-universiteit Massachusetts Instituut van Tegnologie 1988 75px Maurice Allais "vir sy baanbrekende bydraes tot die teorie van markte en doeltreffende benutting van hulpbronne" École polytechnique École nationale supérieure des mines de Paris, Universiteit Parys-Nanterre 1989 75px Trygve Haavelmo "vir sy verduideliking van die waarskynlikheidsteorie se grondslag in ekonometrie en sy analise van gelyktydige ekonomiese strukture" Universiteit van Oslo Universiteit van Oslo

1990's + Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe, 1990'sJaar NaamLandBeweegredeAlma materInstelling (belangrikste verblyfreg / ten tye van ontvangs) 1990 Harry Markowitz "vir hul baanbrekerswerk in die teorie van finansiële ekonomie" Universiteit van Chicago Stadsuniversiteit van New York Merton Miller Johns Hopkins-universiteit Carnegie Mellon-universiteit, Universiteit van Chicago 75px William F. Sharpe Universiteit van Kalifornië, Los Angeles Stanford-universiteit 1991 75px Ronald Coase "vir sy ontdekking en verduideliking van die betekenis van transaksiekoste en eiendomsreg vir die institusionele struktuur en funksionering van die ekonomie" London School of Economics Universiteit van Chicago, London School of Economics 1992 75px Gary Becker "vir die uitbreiding van die domein van mikro-ekonomiese analise tot 'n wye verskeidenheid van menslike gedrag en interaksie, insluitende niemarkgedrag" Universiteit van Chicago Universiteit van Chicago 1993 75px Robert Fogel "om navorsing in die ekonomiese geskiedenis te hernu deur ekonomiese teorie en kwantitatiewe metodes toe te pas om ekonomiese en institusionele veranderinge te verduidelik" Johns Hopkins-universiteit Universiteit van Chicago 75px Douglass North Universiteit van Kalifornië, Berkeley Washington-universiteit in St Louis 1994 John Harsanyi "vir hul baanbrekende analise van ewewig in die teorie van niesamewerkende speletjies" Stanford-universiteit Universiteit van Kalifornië, Berkeley 75px John Forbes Nash Princeton-universiteit Princeton-universiteit 75px Reinhard Selten Goethe-universiteit Frankfurt Universiteit van Bonn 1995 75px Robert Lucas Jr. "vir die ontwikkeling en toepassing van die hipotese van rasionele verwagtings, en sodoende transformasie van makro-ekonomiese ontleding en verdieping van ons begrip van ekonomiese beleid" Universiteit van Chicago Universiteit van Chicago 1996 75px James Mirrlees "vir hul fundamentele bydraes tot die ekonomiese teorie van aansporings onder asimmetriese inligting" Universiteit van Cambridge Universiteit van Oxford, Universiteit van Cambridge William Vickrey Columbia-universiteit Columbia-universiteit 1997 75px Robert C. Merton "vir 'n nuwe metode om die waarde van afgeleides te bepaal" Massachusetts Instituut van Tegnologie Massachusetts Instituut van Tegnologie 75px Myron Scholes Universiteit van Chicago Massachusetts Instituut van Tegnologie 1998 75px Amartya Sen "vir sy bydraes tot die welvaartsekonomie" Universiteit van Cambridge Harvard-universiteit, Universiteit van Cambridge 1999 75px Robert Mundell "vir sy analise van monetêre en fiskale beleid onder verskillende wisselkoersregimes en sy analise van optimale geldeenhedsgebiede" Massachusetts Instituut van Tegnologie Columbia-universiteit

2000's