Hurst Hill is ’n voorstad van Johannesburg, sowat 6 km wes van die stadsaal.
duimnael|links|230px|Die NG gemeente Crosby-Wes (gestig onder die naam Hurst Hill) is in 2004 by die NG gemeente Vergesig ingelyf. Die kerkgebou in Dunboynelaan (streng gesproke in Crosby) is jare later verkoop en omskep in 'n Moslemseunskool. Die toringspits is toe verwyder en die vensters uitgehaal en ander vervang.
In die noordweste grens dit aan Westbury, in die noorde aan Westdene, in die noordooste aan die Helen Joseph-hospitaal, in die ooste aan Rossmore en Brixton en in die suide aan Crosby. Hurst Hill is uitgelê op die langewerpige plaas Middelfontein tussen die plase Braamfontein in die noorde en Langlaagte in die suide. In die weste het Middelfontein gegrens aan Waterval.
Hurst Hill was in vroeër jare ’n oorwegend Afrikaanse voorstad soos blyk die getalle munisipale kiesers volgens huistaal. Crosby word in die tabel ingesluit ter wille van vergelyking:
1934 1949 1961 Afrikaans Engels Afrikaans Engels Afrikaans Engels Crosby 1798 282 2791 283 Hurst Hill 222 36 467 53 554 76
Bronne Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers. Stals, prof. dr. E.L.P (red.). 1978. Afrikaners in die Goudstad. Deel 1. 1886 - 1924. Kaapstad en Pretoria: HAUM.
Verwysings
Kategorie:Voorstede van Johannesburg