Eric William Sturgess (1920 – 2004) was 'n Suid-Afrikaanse tenniskampioen. Hy is in 1920 in Johannesburg gebore en ontvang opleiding aan Parktown Boys High School. Op 15-jarige ouderdom het hy sy eerste titel verower en was Suid-Afrikaanse enkelspelkampioen op 19 jarige ouderdom. Hy was 11 keer Suid-Afrikaanse nasionale enkelspelkampioen en 8 keer dubbelspelkampioen. Hy veg in die Tweede Wêreldoorlog en is gekies as kaptein van die Suid-Afrikaanse Davisbeker-span in 1947, 1949 en 1951. Hy is 2004 oorlede.
Verwysings
Bron Rosenthal, Eric. 1967. Ensiklopedie van Suidelike Afrika
Kategorie:Suid-Afrikaanse tennisspelers Kategorie:Geboortes in 1920 Kategorie:Sterftes in 2004