duimnael|Murlough Beach duimnael|Murlough Beach in die Septemberson duimnael|Murlough Beach in die Oktoberson, met Newcastle en die Mourne Mountains in die agtergrond duimnael|Die sandduine van die Murlough-natuurreservaat sluit regstreeks by die spoelklippiesrant aan Murlough Beach is 'n wye, plat sandstrand, met 'n rant spoelklippies net bokant die hoogwaterpeil, wat oor 'n afstand van vyf myl langs die Ierse Seekus tussen Newcastle en Dundrum in die Noord-Ierse graafskap Down strek.
Die strand word begrens deur die Nasionale Murlough-natuurreservaat, 'n uitgestrekte sandduinstelsel wat sowat 6000 jaar gelede gevorm is en sedert 1967 deur die National Trust bestuur word.National Trust: Murlough National Nature Reserve. Besoek op 30 Januarie 2018 Die natuurreservaat word deur 'n netwerk van paaie en houtpaaie vir besoekers ontsluit. Murlough Beach se buitengewone ligging tussen die natuurreservaat, die bergreeks Mourne Mountains en die Ierse See maak van die strand 'n gewilde bestemming vir staptoeriste en voëlkykers.
Verwysings
Eksterne skakels Natuurreservate
National Trust: Murlough National Nature Reserve
Kategorie:Geografie van Noord-Ierland