duimnael|regs|330px|'n Kaart van die plase waarop die Witwatersrand aangelê is met die dagsoom daarop aangedui.
duimnael|regs|300px|Die grense van die plaas Doornfontein in 1929 met al die destydse voorstede daarop aangedui.
duimnael|regs|270px|Die boomryke voorstad Kensington, een van Johannesburg se grootstes wat oppervlak sowel as bevolking betref, is in 1903 op Doornfontein uitgelê.
Doornfontein is een van die plase waarop die oudste dele van Johannesburg gebou is, onder meer die voorstede Bellevue en Bellevue-Oos, Belgravia, Berea, Bertrams, Bezuidenhoutsvallei, City and Suburban, Cleveden, Cleveland, Cyrildene, Denver, Fairview, Jeppestown, Judith's Paarl, Lorentzville, Malvern, Nieu-Doornfontein, Observatory, Troyeville, Yeoville en Doornfontein self.
In 1853 is die inspeksiekommissie deur Barend C. Viljoen, bewoner van die stuk grond bekend as "doren fontijn", versoek om die grond te inspekteer sodat 'n grondbrief aan hom uitgereik kon word. Die grond is egter eers op 20 September 1861 op sy naam getransporteer. Teen 1865 het die plaas oorgegaan in die hande van sy skoonseun en enigste erfgenaam, Frederik Jacobus Bezuidenhout. Bezuidenhout het hom op Doornfontein gevestig en sy woonhuis van modder, klip en riete gebou. Tot 1886 is nie 'n enkele gedeelte van die plaas vervreem nie.
Munisipale kiesers Die meer gegoede voorstede op die plaas Doornfontein was tradisioneel oorwegend Engels en Joods, terwyl die minder gegoede voorstede 'n groter Afrikaanse bevolking gehad het, soos blyk uit die opgaaf van munisipale kiesers volgens voorstad in Johannesburg vir die jare 1934, 1949 en 1961. Tog was die streek in sy geheel oorwegend Engels sodat teen 1961 net Cleveland meer Afrikaanse as Engelse kiesers gehad het.
1934 1949 1961 Voorstad Afrikaans Engels Afrikaans Engels Afrikaans Engels Belgravia 679 225 (341) (1115) 2 5 Bellevue 109 2379 543 3911 343 3643 Berea 215 3332 216 3743 946 6004 Bertrams 115 680 312 845 362 618 Bezuidenhoutsvallei 789 1938 1187 2525 1585 3112 City and Suburban 106 575 4 18 1269 3519 Cleveden 9 18 15 46 Cleveland 81 118 184 220 302 263 Cyrildene 70 1025 (70) (1025) Denver 171 268 93 70 210 263 Doornfontein 91 1208 284 1246 447 835 Fairview 246 1001 449 864 484 673 Highlands 5 112 60 1591 137 2684 Jeppestown 719 1784 2398 2810 2272 2389 Judith's Paarl 89 548 194 766 109 199 Kensington 632 6410 1277 9521 1330 7858 Linksfield 5 50 4 242 47 505 Lorentzville 101 390 164 424 323 404 Malvern 586 3629 1686 3805 1507 2927 Nieu-Doornfontein 95 1317 188 1265 30 60 Observatory 49 704 80 1708 111 2712 Randview 29 9 34 Reynolds View 25 6 72 16 102 Troyeville 340 2097 1179 2075 1067 1111 Yeoville 92 2709 194 3917 473 4738
Bronne Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers. Stals, prof. dr. E.L.P (red.). 1978. Afrikaners in die Goudstad. Deel 1. 1886 - 1924. Kaapstad en Pretoria: HAUM.
Verwysings
Kategorie:Johannesburg