Dr. Albert Jacobus Stals (1880 – 1951) was 'n Suid-Afrikaanse geneesheer en kabinetsminister. Hy is op 24 Augustus 1880 op Tulbagh gebore. Hy ontvang sy opleiding in Stellenbosch, Dublin en Berlyn. Hy bekwaam hom in die regte en in die medisyne met lof in albei.

Hy word 'n Parlementslid as L.V. vir Hopetown en dien ook as lid van die Suid-Afrikaanse Mediese Raad, die Raad van Handel en Nywerheid en die Skeepsvaartraad. Hy was die voorsitter van laasgenoemde. Toe dr. Daniël François Malan in 1948 aan die bewind kom, is hy aangestel as Minister van Gesondheid en Volkswelsyn. Hy is op 5 Februarie 1951 in Kaapstad oorlede.

Sien ook Stalsprys

Bron Rosenthal, Eric. 1967. Ensiklopedie van Suidelike Afrika

Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van gesondheid Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van onderwys Kategorie:Geboortes in 1880 Kategorie:Sterftes in 1951