duimnael|Kenteken van die Wêreld- Ekonomiese Forum duimnael|F.W. de Klerk en Nelson Mandela skud hande tydens die jaarlikse byeenkoms van die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, 1992 duimnael|Op 23 Januarie 2003 het premier Mahathir Mohamad van Maleisië 'n toespraak gelewer tydens die jaarvergadering van die Wêreld Ekonomiese Forum
Die Wêreld- Ekonomiese Forum ( World Economic Forum – WEF) is 'n jaarlikse byeenkoms van die hoof- uitvoerende beamptes (HUBs) van die grootste maatskappye ter wêreld, internasionale politici (presidente, eerste ministers en ministers), intellektuele en joernaliste, altesaam sowat 2 500 persone. Die WEF organiseer jaarliks in die winter 'n jaarvergadering in Davos, Switserland, asook diverse streekskonferensies wêreldwyd. Dit 'n invloedryke platform, aangesien die mees invloedryke persone, waaronder baie staatshoofde saamkom om die belangrikste hedendaagse en toekomstige wêreldprobleme te bespreek.
Die WEF is in 1971 deur Klaus M. Schwab, 'n Switserse hoogleraar en sakeman, gestig. Die hoofkantoor is in Genève gesetel, waar dit geregistreer is as 'n nie-winsgewende stigting. Ongeveer 400 personeellede van meer as 50 nasionaliteite is by die hoofkantoor werksaam.
Aktiwiteite Volgens die voorstanders van die WEF bied dit 'n ideale geleentheid vir dialoog en debatte oor die omvangryke sosiale en ekonomiese probleme van die wêreld, omdat verteenwoordigers van die belangrikste ekonomiese organisasies, verteenwoordigers van die belangrikste politieke organisasies sowel as hoë vlak intellektuele teenwoordig is en omdat die gesprekke in 'n informele omgewing gehou word. Van die knelpunte waarop gefokus word sluit in die verspreiding van rykdom.
Volgens kritici is die WEF 'n besigheidsforum waar die rykste maatskappye kan onderhandel oor transaksies met ander maatskappye of met politici. Volgens hul is die doel van die WEF vir baie van die deelnemers slegs persoonlike gewin in plaas van die oplossing van sosiale wêreldprobleme. Daarbenewens vind teenstanders dat die WEF 'n nie-demokratiese verkose, maar veel-te-magtige forum is. Om hierdie redes trek die byeenkomste van die WEF gereelde anti-globalistiese protes. As gevolg van die beperkte ruimte in die geboue in Davos en om redes van veiligheid is die byeenkoms nie vrylik toeganklik vir die publiek nie. Om interaksie te bevorder het die WEF die "Open Forum" gestig, om sodoende die insette van belanghebbendes te betrek in die debatte wat gevoer word. Almal wat nie self teenwoordig kan wees nie, kan via hierdie weg deelneem. Die weblog van die WEF bied inmiddels die moontlikheid om die sessies virtueel interaktief by te woon. Die afgelope jaar word steeds meer gebruik gemaak van sosiale media, soos Twitter, Facebook en YouTube.
In reaksie op kritiek werk die WEF daaraan om meer diversiteit na die byeenkomste te trek. Meer as die helfte van afgevaardigdes is afkomstig uit die sake omgewing. Die res was afkomstig uit media, regering, wetenskap, nie-winsgewende organisasies en ander sektore. Omdat 50% van die wêreldbevolking tans onder die 27 jaar oud is, het die WEF 'n optrede-gerigte netwerk van "positiewe ontwrigters" opgestel; naamlik die Global Shapers Community. Vanuit hierdie gemeenskap is sedert 2012 minimaal 50 jong mense afgevaardig om vernuwende perspektiewe te bied in Davos. Tydens 2018 se WEF-byeenkoms het 26,5% van die bykans 3 000 deelnemers uit die VSA gekom, gevolg deur die VK met 9%. Deelnemers aan die 2018 byeenkomste het van altesame 119 lande gekom.
Om lid te wees van die WEF moet 'n maatskappy 'n jaarlikse bydrae van 42 500 switserse frank (CHF) betaal. Vir diverse ander vorms van samewerking is die kostes nog hoër. Die aanwesige maatskappye dek hiermee indirek ook die koste vir deelnemers wat nie instaat is om hierdie hoë koste te betaal nie, soos verteenwoordigers van owerhede, nie-winsgewende organisasies, wetenskaplikes, die jonger geslag van "Global Shapers" (20-30 jaar oud ) en die "Young Global Leaders" (30-40 jaar oud).
Op elke vergadering van die WEF word joernaliste uitgenooi. Joernaliste is welkom tydens die amptelike agendapunte, en deel ook hierin. By die inligtingsaktiwiteite soos die informele werkswinkels en die privaatgesprekke, is geen joernaliste welkom nie.
Die WEF poog om dialoog met sy teenstanders te beforder. So is in 2004 'n skadubyeenkoms met as titel Globalization or Deglobalization for the Benefit of the Poorest? georganiseer waar 300 mense gratis toegang gekry het. As teenhanger van die WEF het die World Social Forum oftewel Wêreld Sosiale Forum (WSF) ontstaan.
In die afgelope dekades het die WEF bygedra tot enkele mylpale en deurbrake. Daar is byvoorbeeld op die gebiede van gesondheidsorg, teen-korrupsie, klimaatverandering, maatskaplike verantwoordbaare ondernemings, hongerbestryding, humanitêre hulpverlening, vryheid van spraak, die Arabiese Lente, onderwys, die ekonomiese krisis en verskeie ander temas werk gedoen. Die term 'Vierde Industriële Revolusie' is in 2016 vir die eerste keer deur die WEF gebruik. 'n Oorsig van mylpale en deurbrake word bygehou op http://www.weforum.org/history.
Jaarlikse konferensies Jaar Datum Tema1988The New State of the World Economy1989Key Developments in the 90s: Implications for Global Business1990Competitive Cooperation in a Decade of Turblenece1991The New Direction for Global Leadership1992Global Cooperation and Megacompetition1993Rallying all the forces for Global Recovery1994Redefining the Basic Assumptions of the World Economy1995Leadership for Challenges beyond Growth1996Sustaining Globalization1997Building the Network Society1998Managing Volatility and Priorities for the 21st Century1999Responsible Globality: Managing the impact of Globalization2000New Beginnings: Making a difference200125-30 JanuarieSustaining Growth and Bridging the Divides: A Framework for Our Global Future2002Leadership in Fragile Times2003Building Trust2004Partnering for Security and Prosperity200526-30 JanuarieTaking Responsibility for Tough Choices200625-29 JanuarieThe Creative Imperative200724-28 JanuarieShaping the Global Agenda, The Shifting Power Equation200823-27 JanuarieThe Power of Collaborative Innovation2009Shaping the Post-Crisis World201027-30 JanuarieImprove the State of the World: Rethink, Redesign, Rebuild2011Shared Norms for the New Reality 2012 25–29 Januarie The Great Transformation: Shaping New Models 2013 23–27 Januarie Resilient Dynamism 2014 22–25 Januarie The Reshaping of the World: Consequences for Society, Politics and Business. 2015 21–24 Januarie New global context 2016 20–23 Januarie Mastering the Fourth Industrial Revolution 2017 17–20 Januarie Responsive and Responsible Leadership201823–26 JanuarieCreating a Shared Future in a Fractured World201922–25 JanuarieGlobalization 4.0: shaping a global architecture in the age of the fourth industrial revolution202020–24 JanuarieStakeholders for a cohesive and sustainable world202117–20 AugustusGekanselleer as gevolg van die Covid-19-pandemie202222–26 MeiGeskiedenis op 'n keerpunt: Regeringsbeleide en besigheidstrategieë
Verwysings
Bron
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Internasionale ekonomiese organisasies Kategorie:Organisasies sonder winsoogmerk Kategorie:Politieke organisasies Kategorie:Genève