Sir Harold Spencer Jones (29 Maart 1890, Londen – 3 November 1960, Londen) was 'n Britse sterrekundige. Hy sluit in 1913 aan by die Koninklike Sterrewag in Greenwich. Van 1923 tot 1933 was hy Sy Majesteit se Sterrekundige in die Kaap en van 1933 tot 1955 Koninklike Sterrekundige in Greenwich. Een van sy prestasies was die akkurate bepaling van die afstand van die aarde vanaf die son.
Bron Rosenthal, Eric. 1967. Ensiklopedie van Suidelike Afrika
Kategorie:Britse sterrekundiges Kategorie:Geboortes in 1890 Kategorie:Sterftes in 1960