Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Tigrinya (volk).

duimnael|links|Eritrea se landsnaam in Tigrinja met Ethiopiese skrif duimnael|links|Ligging van die Tigray-streek in Ethiopië, een van nege etniese streke Tigrinja (ትግርኛ, tigriññā, [tɨɡrɨɲa], ) is 'n Semitiese taal wat deur sowat 7,5 miljoen mense in Eritrea en Ethiopië aan die Horing van Afrika gepraat word. Dit vorm saam met Arabies en Engels die amptelike tale van Eritrea. Tigrinja word met die Tigrinja-alfabet, 'n variasie van die Ge'ez-skrif, geskryf. Tigrinja is verwant aan Amharies, die amptelike taal van Ethiopië, en word hoofsaaklik in die hoofstadstreek Asmara gepraat.

In Ethiopië word dié taal Tigray genoem en word as ampstaal van die Tigray-streek in Noord-Ethiopië erken. Tigrinja is nou verwant aan Amharies en Tigre, al drie het uit die antieke taal Ge'ez ontwikkel. Tigrinja vorm die vierde mees verspreide taal in Ethiopië na Oromo, Amharies en Somalies en word veral in die Tigray-streek gebesig, een van nege etniese streke. Sedert 2020 dien Tigrinja saam met Afar, Amharies, Engels, Oromo en Somalies as amptelike tale van Ethiopië. In Eritrea word Tigrinja deur sowat 55% van die bevolking gepraat.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Semitiese tale Kategorie:Tale van Eritrea Kategorie:Tale van Ethiopië