Jacobus Stephanus Smit (1878 – 1960) was 'n Administrateur van Transvaal en Suid-Afrikaanse Hoë Kommissaris in Londen. Hy is op 9 Oktober 1878 naby Pretoria gebore. Hy word 'n advokaat en in 1920 'n lid van die Parlement. Hy was die Hoë Kommissaris vir die Unie van Suid-Afrika van 1925 tot 1929 asook die Suid-Afrikaanse afgevaardigde na die Volkebond en die Ontwapeningskonferensie in Genève. Van 1929 tot 1934 was hy die Administrateur van Transvaal en daarna lid van die Diamantraad. Hy is oorlede in 1960.

Bron Rosenthal, Eric. 1967. Ensiklopedie van Suidelike Afrika

Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Geboortes in 1878 Kategorie:Sterftes in 1960