duimnael|links|Die Onse Vader in Kirundi Kirundi of Rundi (Ikirundi) is 'n Bantoetaal wat deur sowat 10,7 miljoen mense in Burundi by die Groot Mere van Afrika gepraat word. Dit vorm saam met Engels en Frans die amptelike tale van Burundi en is die moedertaal van sowat 95% van dié land se bevolking. Kirundi is nou verwant aan Kinyarwanda, een van die amptelike tale van Rwanda. Albei tale is onderling verstaanbaar en amper identies. Saam met ander tale vorm Kirundi en Kinyarwanda 'n dialekkontinuum, Rwanda-Rundi genoem, wat deur sowat 23 miljoen mense gepraat word.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Bantoetale Kategorie:Tale van Burundi