Frederick Courtney Selous (1851 – 1917) was 'n Rhodesiese jagter en ontdekkingsreisiger. Hy is in 1851 in Londen gebore en ontvang sy skoolopleiding in Rugby. Hy arriveer in 1871 in Afrika, land in Port Elizabeth en reis na Kimberley waarvandaan hy op sy eerste ekspedisie na Matabeleland vertrek het. Hy word gou 'n bekende figuur en het groot respek afgedwing by die Matabelekoning, Lobengoela, en sy onderdane. Tussen 1876 en 1878 het hy ver anderkant die Zambezirivier in die Kafue-gebied handel gedryf en in 1879 na Mashukulumbwe gereis. Sy eerste boek het groot belangstelling in die jag van grootwild laat ontstaan en na 'n besoek aan Brittanje keer hy in 1881 terug om hom as volstruisboer hier te vestig. In plaas daarvan reis hy na Barotseland. In 1889 ontmoet hy Cecil John Rhodes in verband met laasgenoemde se plan vir die stigting van die Chartered Company en die besetting van Masjonaland. Selous onderneem om in 1890 as gids op te tree vir die voorgestelde ekspedisie. Hy het groot bekendheid verwerf maar weinige geldelike vergoeding. Nadat hy in die Eerste Matabele-oorlog geveg het gaan hy terug na Engeland. Hy het in 1917 in Oos-Afrika gesneuwel tydens die Eerste Wêreldoorlog.

duimnael|links|Grafsteen van FC Selous by Chokawali aan die Rufigi-rivier, in die Selous-wildreservaat, Tanzanië,

Bron Rosenthal, Eric. 1967. Ensiklopedie van Suidelike Afrika

Eksterne skakels

Kategorie:Britse militariste Kategorie:Rhodesiërs Kategorie:Kapteins Kategorie:Mense in die Eerste Wêreldoorlog Kategorie:Geboortes in 1851 Kategorie:Sterftes in 1917