Sir John Scott was 'n goewerneur van Natal. Hy is in 1814 gebore. Tydens sy dienstermyn is die eerste Indiërarbeiders die land ingebring, asook die eerste spoorlyn gebou. Nadat hy oor baie sake met die koloniste gebots het, is hy as Goewerneur na Brits-Guyana verplaas. Hy is op 28 Julie 1898 in Chislehurst, Kent, oorlede.
Die kusdorp Scottburgh is na hom genoem.
Bron Rosenthal, Eric. 1967. Ensiklopedie van Suidelike Afrika
Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Geboortes in 1814 Kategorie:Sterftes in 1898