William Paterson (1755 – 1810) was 'n Britse reisiger en plantkundige. Hy is in 1755 gebore en sluit by die Britse leër aan. Hy word gou 'n vooraanstaande plantkundige. Om dié rede besoek hy die Nederlandse Kaapkolonie in 1777. Hy bly twee jaar daar en onderneem vier ekspedisies. Een daarvan vergesel hy vir Jacob Gordon toe laasgenoemde die Oranjerivier sy naam gegee het. Hy het ook 'n groot gebied in die Oos-Kaap verken. Hy is oorlede in 1810.
Die standaard skrywerafkorting Paterson word gebruik om William Paterson as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam genoem word.
Sien ook Lys van botaniste volgens outeursafkorting
Bron Rosenthal, Eric. 1967. Ensiklopedie van Suidelike Afrika.
Eksterne skakels
Kategorie:Britse bioloë Kategorie:Britse militariste Kategorie:Britse politici Kategorie:Botanici Kategorie:Kolonels Kategorie:Geboortes in 1755 Kategorie:Sterftes in 1810