Johannes Albertus Werth (1880 – 1948) was 'n administrateur van Suidwes-Afrika. Hy is in 1880 in Malmesbury gebore. Hy ontvang sy opleiding op Stellenbosch en word een van die vroeë ondersteuners van die Nasionale Party onder generaal Barry Hertzog. In 1920 word hy tot die Parlement verkies as L.V. vir Kroonstad en beklee die posisie tot 1926 toe hy Administrateur van Suidwes-Afrika word. Hierdie pos beklee hy tot 1933. In 1938 word hy L.V. vir George. Hy het besonder belang gestel in die nywerheid en in finansies. Hy is 1948 oorlede en deur P.W. Botha as die parlementslid vir George opgevolg..
Sien ook Lys van Goewerneurs van Suidwes-Afrika
Bron Rosenthal, Eric. 1967. Ensiklopedie van Suidelike Afrika.
Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Geboortes in 1880 Kategorie:Sterftes in 1948