Dr. Karl Wilhelm Ludwig Pappe (1803 – 1862) was 'n Suid-Afrikaanse plantkundige. Hy is in 1803 in Hamburg gebore. Hy kwalifiseer as 'n geneesheer maar maak van plantkunde 'n lewenslange studie aan die Kaap waar hy onder meer spesialiseer in geneeskundige plante, houtbome en varings waaroor hy gesaghebbende werke geskryf het. Hy is in 1862 in Kaapstad oorlede.
Die standaard skrywerafkortings Pappe word gebruik om Karl Wilhelm Ludwig Pappe as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam vermeld word.
Sien ook Lys van botaniste volgens outeursafkorting
Bron Rosenthal, Eric. 1967. Ensiklopedie van Suidelike Afrika.
Eksterne skakels
Kategorie:Suid-Afrikaanse botanici Kategorie:Geboortes in 1803 Kategorie:Sterftes in 1862