Die swartkopreier (Ardea melanocephala) is 'n reier wat algemeen deur die Sub-Sahara en Madagaskar voorkom. Die voël is 'n algemene standvoël en plaaslike nomade in grasveld, landerye en bossieveld. Dit leef ook in vleioewers maar jag selde in water. In Engels staan die voël bekend as die black-headed heron.

Identifikasie Die reier is 86 tot 94 cm lank en weeg 1,2 tot 1,9 kg. Die voël is groot en grys. Dit is effens kleiner as die bloureier. Die slagvere en ligter onderdekvere is kontrasterend donker tydens vlug. Die kroon en agternek is swart terwyl die keel wit is. Die borskant is grys en die bene swart. Die jongvoël het 'n leikleurige kroon en agternek terwyl die voornek dofgeel getint is. Die borskant is ligter.

Die reier broei koloniaal saam (tot 50 pare) en soms ook saam met ander reiers, witreiers, kormorante en ibisse.

Fotogalery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Kategorie:Reiers