+Região Autónoma da MadeiraOutonome Region Madeira 100px 100px Vlag Wapen Lêer:LocationMadeira.png Hoofstad Funchal Oppervlak – Totaal – % van Portugal Gelys 11de 794 vk km 1,5% Bevolking – Totaal (2016-skatting) – % van Portugal – Bevolkingsdigtheid Gelys 8ste 289 000 2,5% 334/vk km Statuut van Selfregering 1976 ISO 3166-2 PRT President Alberto João Jardim Governo Regional da Madeira

Die Madeiraeilande (Portugees: Arquipélago da Madeira) is 'n eilandgroep geleë in die Noord-Atlantiese Oseaan tussen en omtrent 580 km reg wes van Marokko op die kus van Afrika, en 870 km suidwes van Lissabon, Portugal.

duimnael|links|Nasa-satellietbeeld van die Madeiraeilande duimnael|links|Kaart van die Madeiraeilande. Ilhas Selvagens, wat verder suid lê word nie vertoon nie. duimnael|links|Câmara de Lobos aan die suidkus van Madeira. Die Madeiraeilande, wat oorspronklik aan die Romeine bekend was as die Pers Eilande, is (per ongeluk) in 1418 deur Portugese seevaarders herontdek waarna Portugese setlaars hulle daar vestig. Dit is tans 'n outonome gebied van Portugal. Madeira en Porto Santo is die enigste bewoonde eilande.

Die eilande is 'n gewilde vakansieoord, wêreldwyd bekend vir madeirawyn, borduurkunstenaars, oujaarsaandfeesvieringe met indrukwekkende vuurwerkvertoning, 'n aangename klimaat, mooi landskap en pragtige blomme. Saam met die Asore, Kaap Verde en die Kanariese Eilande vorm die Madeiraeilande 'n eie biogeografiese streek, Makaronesië, wat – ten spyte van die lang afstande – ooreenkomste tussen die eilande se fauna en flora toon.

Eilande en eilandjies Die belangrikste eilande in die outonome gebied van Madeira is: Madeiraeiland Porto Santo Eiland Deserta Grande Eiland Selvagem Grande Eiland (Ilhas Selvagens) Bugio Eiland Selvagem Pequena Eiland (Ilhas Selvagens) Selvagens' Foraeilandjie Desertas' Chão-eilandjie

Bronnelys Green, Lawrence G.: South African beachcomber. Memories of the people of the shore and the stories they told; sand and dunes and treasure, seabirds and creatures of the sea; and personal impressions of certain islands in African waters. Kaapstad: Howard B. Timmins, 1958.

Eksterne skakels

Amptelike webwerf