+Outonome Gemeenskap van die Kanariese EilandeComunidad Autónoma de Canarias (Spaans) 100px|raam 100px Vlag Wapen 250px Hoofstede Santa Cruz de Tenerife Las Palmas de Gran Canaria Oppervlak – Totaal – % van Spanje Gelys 13de 7 447 vk km 1,5% Bevolking – Totaal (2025 skatting) – % van Spanje – Bevolkingsdigtheid Gelys 7de 2 258 219 4,5% 303/vk km Statuut van Selfregering 16 Augustus 1982 ISO 3166-2 ES-CN Parlementêre verteenwoordiging – Setels in die Spaanse Kongres – Setels in die Spaanse Senaat  14 2 (benoem deur outonome regering) 3 vir Tenerife, 3 vir Gran canaria, een vir elkeen van die ander eilande=13 President Adán Martín Menis (CC) [gobiernodecanarias.org/ Gobierno de Canarias]

Die Kanariese Eilande (Spaans: Islas Canarias) (28° 06'N, 15° 24'W) is 'n eilandgroep van die Koninkryk van Spanje wat bestaan uit sewe eilande van vulkaniese oorsprong in die Atlantiese Oseaan. Dit is geleë naby die noordwestelike kus van Afrika (Marokko en Wes-Sahara). Dit vorm 'n outonome gewes van Spanje.

duimnael|links|Nasa-Satellietbeeld van die Kanariese Eilande duimnael|links|Kaart van die Kanariese Eilande Die naam is waarskynlik afkomstig van 'n Noord-Afrikaanse stam, (die Canarii), of moontlik die Latynse term Insularia Canaria wat Eiland van die Honde beteken, 'n naam wat aanvanklik slegs op die eiland Gran Canaria van toepassing was. Daar word geglo dat die hoë bevolking van 'n endemiese spesie groot en kwaai honde die kenmerk was wat die paar antieke Romeine, wat per see kontak met die eiland bewerkstellig het, die meeste opgeval het.

Die Kanariese Eilande is die enigste Outonome Gemeenskap van Spanje met twee hoofstede: Santa Cruz de Tenerife en Las Palmas de Gran Canaria. Saam met die Asore, Kaap Verde en die Madeiraeilande vorm die Kanariese Eilande 'n eie biogeografiese streek, Makaronesië, wat – ten spyte van die lang afstande – ooreenkomste tussen die eilande se fauna en flora toon.

Eilande Tenerife Fuerteventura Gran Canaria Lanzarote La Palma La Gomera El Hierro

Bibliografie Green, Lawrence G.: South African beachcomber. Memories of the people of the shore and the stories they told; sand and dunes and treasure, seabirds and creatures of the sea; and personal impressions of certain islands in African waters. Kaapstad: Howard B. Timmins, 1958.

Eksterne skakels

Amptelike webwerf