Die Matopos is 'n reeks granietheuwels naby Bulawayo, Zimbabwe. Die reeks is omtrent 80 km lank en 40 km breed. Die hoogste punt is 1549 m bokant seevlak. Cecil John Rhodes is in 1902 begrawe by Worlds View in die Matopos. Die Matabeles het die heuwels as heilig beskou en dit as vesting gebruik.
Die Matoposheuwels is in 2003 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.
Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967 Green, Beth: The Matopos - Impressive Intriguing. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 16, nr. 2, Desember 1966
Eksterne skakels
Kategorie:Nasionale parke van Zimbabwe Kategorie:Natuur in Zimbabwe Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Zimbabwe