Op 4 Januarie 2018 bots 'n trein, wat deur Shosholoza Meyl bedryf word, met 'n vragmotor by 'n spooroorgang naby Kroonstad in die Vrystaat (Suid-Afrika). Die trein het ontspoor en verskeie waens het aan die brand geslaan. Een-en-twintig mense is dood en 254 is beseer.
Ongeluk Teen ongeveer 09:15 plaaslike tyd (07:15 UTC) op 4 Januarie 2018 was 'n passasierstrein, wat deur Shosholoza Meyl bedryf word, met 429 passasiers van Port Elizabeth na Johannesburg onderweg toe dit met 'n vragmotor bots by die spooroorgang by die Geneva-stasie tussen Hennenman en Kroonstad, sowat 200 kilometer suidwes van Johannesburg.
Volgens ooggetuies het die vragmotor versuim om by die spooroorgang te stop.
Verwysings
Kategorie:Geskiedenis van Suid-Afrika Kategorie:Rampe in Suid-Afrika * Kategorie:Vrystaat