Die geskiedenis van die filosofie verwys na die totaliteit van teorieë en dokrines wat deur die eeue heen deur denkers geformuleer word. Volgens The Oxford Dictionary of Philosophy begin die wetenskap van die filosofie met die Indo-Iraniërs vanaf 1500 voor Christus. In die Weste verskyn vanaf die 6e eeu v.C. die eerste tekens van wat filosofie genoem word met die Oud-Griekse pre-Sokratiese denkers, gevolg deur Sokrates, wat beskou word as die ware vader van hierdie dissipline, en wie in sy voetspore volg: Plato, Aristoteles, die sokratiese skole. Die filosofie as dissipline bly groei tydens die Hellenistiese tydperk, in die besonder die stoïsisme, die epikurisme, die sinisme en die skeptiese skool, wat ook in die Romeinse tyd voortgesit word. Vanaf die latere oudheid en die middeleeue staan die neoplatonisme en die Christelike filosofie as 'n brug tussen filosofie en religie, en dié is in noue verhouding met die teologie en die Grieks-Arabiese filosofie wat in die middeleeuse filosofie ontwikkel, wat blyk uit die belang van die skolastiek in hierdie periode. Probleme wat spesifiek betrekking het op die geskiedenis van die filosofie omvat onder meer: "Hoe kan veranderinge in die filosofie histories verantwoord word?" "Hoe is die ontwikkeling van die denke uiteindelik histories te verklaar?" "In welke mate kan filosofiese tekste uit voorafgaande historiese tydperke vandag nog begryp word?"
Alle kulture - of hulle nou voorgeskiedenis prehistories, middeleeus of modern, oosters, westers, religieus of sekulêr is - het hul eie unieke skole van die filosofie, voortbou op vroeëre strominge of gestig vanuit 'n nuwe beginsel. Hierdie teorieë het gegroei uit verskillende voorveronderstellinge en benaderinge, byvoorbeeld vanuit die rasionalisme (teorieë wat voortspruit uit die logika), die empirisme (teorieë wat voortspruit uit waarneming), of selfs vanuit 'n geloofsbasis waarvoor dan filosofiese regverdiging gesoek word.
'n Geskiedenis van die filosofie probeer derglike ontwikkelinge te katalogiseer en klassifiseer met as doel die ontwikkeling van die filosofiese idees te begryp deur die tyd heen.
Westerse filosofie Sien hoofartikel Westerse filosofie
Die westerse filosofie het 'n lang geskiedenis, wat tradisioneel onderverdeel word in vier groot tydperke: die antieke, middeleeue, moderne en hedendaagse filosofie. Die oudheid strek tot ongeveer die val van Rome en omvat die denke van die Griekse filosowe soos Plato en Aristoteles. Die middeleeuse periode strek tot ongeveer einde 1400 en die renaissance. Die "moderne periode" omvat alle westerse filosofie vanaf die renaissance (wat daar soms by gereken word) tot die 20ste eeu. Hedendaagse filosofie omvat die filosofiese ontwikkelinge van die 20ste eeu tot tans.
Antieke filosofie duimnael|Ionië Die antieke filosofie laat mens in die algemeen begin in die Griekse stede van westelike Klein-Asië (Ionië), meer in die besonder Milete. Hierdie allereerste Griekse denkers staan ook wel bekend as die Miletiese natuurfilosowe. Hul ondersoekveld was geheel gerig op die uiterlike waarneembare en die uiteindelik vind van die archè, die oerbeginsel. Dit omvat nie alleen wat teenwoordig filosofie genoem word nie, maar ook alles wat teenwoordig wetenskap heet. Van geen van hierdie vroeë skrywers het 'n volledige werk bewaar gebly nie. Alle Griekse filosofie van voor die tyd van Sokrates staan bekend as die pre-Sokratiese filosofie. Hierdie filosofie was hoofsaaklik kosmologies en kosmogonies van aard. Die pre-Sokrate soek in die eerste plek na 'n fundamentele verklaring vir die natuurverskynsels wat hulle om hulself heen waarneem, soos die son- en maansverduisterings en die jaarlikse terugkerende oorstrominge van die Nyl nadat Sirius opgekom het. Hulle het bewustelik nie 'n beroep op die tradisionele Ou Griekse godsdiens gedoen nie.
Die sleutelfiguur in die transformasie van die Griekse filosofie is Sokrates. Na ‘n besoek aan die Orakel van Delphi het hy in die strate en openbare geboue van Athene deurgebring het om te ondersoek of dit werklik so was dat niemand in die stad wyser was as hy nie. Soos voorgestel deur Plato en Xenophon, het hy krities ondersoek gedoen na 'n aantal begrippe wat gewoonlik as probleemvry beskou is. Sokrates het daarop gewys dat dit dikwels nie 'n duidelike definisie gehad het nie en dat bestaande standpunte teenstrydighede bevat of op onduidelike grondreëls en oortuigings gegrond is. Hy self skryf niks nie, maar inspireer baie volgelinge, waaronder baie seuns van vooraanstaande Atheense burgers. Sokrates se belangrikste leerling was Plato, die stigter van die Akademeia van Athene. Hy skryf baie dialoë, waarin hy filosofiese probleme ondersoek volgens die sokratiese metode.
Plato se belangrikste leerling was Aristoteles, miskien die eerste ware sistematiese filosoof. Die logika van Aristoteles was die eerste vorm van logika wat gepoog het om enige geldige sillogisme te kategoriseer. 'n Student in Aristoteliaanse logika moes vooraf 'n redelike groot aantal sillogismes memoriseer. Diagramme het gehelp om hulle te memoriseer, sowel as om 'n sleutelfrases te leer waarin die eerste letter van elke woord na die naam van 'n sillogisme verwys. So het elke sillogisme 'n naam gehad, byvoorbeeld: "Mode ponens" het die vorm gehad van "As A waar is, dan is B waar. A is waar, so B is waar." Die meeste studente het sy 19 sillogismes vir twee onderwerpe gememoriseer, en hulle het die geleentheid gebied om onderwerp en voorwerp op 'n geldige manier te verbind. 'n Paar begaafde studente het stelsels ontwikkel met drie onderwerpe, of beskryf 'n manier om die reëls uit te werk met drie onderwerpe.
Aristoteles verwerp egter die Ideëleer van Plato en daarmee ook die op hierdie leer gebaseerde verklaringe vir filosofiese vraagstukke. In die plek daarvan probeer hy deur middel van empiriese ondersoek na alternatiewe verklarings te soek. Hy analiseer voorts onder meer die taal in 'n poging die struktuur van die werklikheid te deurgrond, en lê so die eerste fondamente vir moderne wetenskappe soos die biologie, die skeikunde, die natuurkunde en die staatsleer.
Middeleeuse wysbegeerte Middeleeuse filosofie was sterk betrokke by die aard van God en die toepassing van Aristoteles se logika en denke inklusief tot allerlei aanvullinge hierop op elke gebied van die lewe, iets wat beter bekendstaan as die skolastiek. Vanaf ongeveer 1200 - toe die eerste universiteite in Wes-Europa na vore gekom het - is die filosofie as dissipline aangebied, maar voorheen was daar belangrike tipiese middeleeuse filosowe soos Pierre Abélard.
Die mees gesaghebbende teks waarop die skolastiek gebaseer was, was die Openbaring uit die Bybel. 'n Steeds terugkerend strewe in hierdie tyd was om, so moontlik deur logika alleen, die bestaan van God te bewys. Die bedoeling van hierdie oefening was volgens kenners van die misseleeue soos Étienne Gilson nie soseer om die geloof in God te regverdig nie, aangesien dit na die oordeel van die middeleeuse christendom al vanselfsprekend was, maar om die klassieke filosofie met haar nie-Bybelse, heidense oorsprong binne 'n Christelike konteks te integreer en te laat aanvaar en aldus te verryk.
Een van die eerste pogings was die kosmologiese argument, wat tradisioneel toegeskryf word aan Thomas van Aquino. Die argument verklaar rofweg dat alles wat bestaan het 'n oorsaak. Maar omdat daar in die verlede nie 'n oneindige ketting van oorsake kon wees nie, moes daar 'n onbevraagde 'eerste oorsaak' gewees het. Dit is God. Thomas van Aquino het ook hierdie argument gebruik om die goedheid van God te bewys. Alles het 'n sekere goedheid, en die oorsaak van elke ding is beter as die ding wat veroorsaak word. Daarom is die eerste oorsaak die beste moontlike ding. Soortgelyke argumente is gebruik om God se krag en uniekheid te bewys.
'n Ander belangrike argument vir die bewys van die bestaan van God is die ontologiese argument, aangevoer deur Anselmus van Kantelberg. Trouens, hy sê dat God alle moontlike goeie eienskappe het. Om te bestaan is goed, en so het God dit, en daarom bestaan Hy. Hierdie argument is deur filosowe in verskillende vorme van René Descartes gebruik.
Teenstanders van Gilson sien in die Christelike konteks waarin die Middeleeuse filosofie ingebed is juis 'n ondergang van die klassieke filosofie, aangesien verstandelike denke in werklikheid geheel ondergeskik gemaak word aan teologie.
Die beeld wat Gilson van die Middeleeuse filosofie gee, is in sommige opsigte duidelik onvoldoende. In die Middeleeue self is die term "Christelike filosofie" ten eerste feitlik nooit gebruik nie, behalwe met betrekking tot geestelike handelinge wat in kloosters verrig word. Verder het die filosofie van die tyd in werklikheid tog betrekking op meer as net godsdiens: ook die logika, taalfilosofie en sekere onderwerpe uit die metafisika en etiek kom aan die hand.
Dat daar tydens die Middeleeue sprake was van kruisbestuiwing tussen die Griekse filosofie en Christelike wêreldbeskouing is ook te sien in die Bisantynse filosofie van die 8ste tot die 15de eeu, waar Christelike filosowe en geleerdes ook idees onttrek uit die geskrifte van Plato, Aristoteles en die neoplatoniste.
Renaissance filosofie/Moderne filosofie
duimnael|Immanuel Kant Soos met baie stelsels wat gebruik maak van die opdeling in periodes, is daar in die praktyk verskeie afbakeninge vir die "moderne filosofie". Volgens een oogpunt dateer die 'moderne filosofie' uit die Verligting, die 'Tydperk van die rede'. In hierdie tydperk het die sistematiese filosofie alledaags geword, met Desiderius Erasmus en Niccolò Machiavelli as "moderne filosowe". Nog 'n moontlikheid is om 'n verband te vind met die manier waarop die hele moderne tydperk gedateer is, van die renaissance. Soms word "moderne filosofie" beeinding in 1800, met die opkoms van Hegelianisme en idealisme. 'n Historikus van die filosofie verkies ook soms om in sy oorsig bloot dele van die filosofie volgens eeue te bespreek, wat ook gedeeltelik in hierdie artikel gedoen word. Op hierdie manier word lang gesprekke oor tydperke vermy.
Vanaf die renaissance reageer filosowe teen die skolastieke tradisie uit die middeleeue: Erasmus, Francis Bacon, Niccolò Machiavelli en filosowe wat ook natuurwetenskaplikes was soos Galileo Galilei kon in 'n oorsig voorgesteld word as verteenwoordigers van die opkoms van die rasionalisme (veral verteenwoordigd deur Galileï), die empirisme (veral verteenwoordig deur Bacon) en die humanisme.
Vanaf die eerste helfte van die sewentiende eeu was sprake van 'n duidelike omekeer. In plaas dat mens mekaar op religieuse vlak betwis, word daar nou gesoek na meer verdraagsaamheid en sekerheid en onbetwistbare uitgangspunte. Hierdie tweede periode in die geskiedenis van die moderne filosofie is deur Michel Foucault later in sy doktoraatstesis L'âge classique genoem. Die 17de-eeuse filosofie word verder gedomineer deur die noodsaak om filosofie te organiseer op rasionele, skeptiese, logiese en aksiomatiese gronde, soos in die werk van René Descartes, Blaise Pascal en Thomas Hobbes. Dié tipe filosofie poog andersyds ook religieuse opvattinge te integreer binne 'n filosofiese denkraamwerk. Op die manier wil mens die ongeloof van die ateïsme en andere oortuiginge bestry deur die idee van die stofflike werklikheid te aanvaar, en die dualisme tussen gees en materie te verdedig. As reaksie hierteen, en tegelyk as uitbreiding hiervan, kan mens die monisme van George Berkeley se (idealisme) sien, en die dubbel-aspek teorie van Baruch Spinoza. Tydens hierdie periode word die empirisme deur John Locke, George Berkeley en andere ontwikkel as alternatief vir die skeptisisme. Hierby moet vermeld word dat John Locke, Thomas Hobbes en Edmund Burke gedurende hierdie tyd ook hul eie bekende politieke filosofië ontwikkel.