Die 24ste FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Engels: FIFA World Cup) sal van 13 Junie tot 21 Julie 2030 in Argentinië, Marokko, Paraguay, Portugal, Spanje en Uruguay beslis word. Soos die 2026-toernooi sal dit deur 48 nasionale sokkerspanne uitgespook word, insluitend dié van die gasheerlande. Dit sal presies 100 jaar ná die eerste FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1930 in Montevideo, Uruguay, gehou word.

duimnael|links|upright|Die Sokker-Wêreldbekertrofee waarom meegeding sal word Vir die eerste keer sal drie lande van twee vastelande die toernooi aanbied, met Spanje, Portugal en Marokko as gashere. Daarbenewens sal Argentinië, Paraguay en Uruguay ter herdenking van die eerste toernooi in 1930 in Uruguay een openingswedstryd elk aanbied. Die eerste wedstryd, saam met 'n spesiale eeufeesviering, sal op die Estadio Centenario in Montevideo, Uruguay, gehou word. Die tweede en derde wedstryde sal onderskeidelik in Argentinië en Paraguay gehou word, waarna die toernooi na Spanje, Marokko en Portugal sal verskuif.

Dit sal die eerste toernooi wees wat in Noord-Afrika aangebied word en die eerste in Afrika ná die 2010-toernooi in Suid-Afrika, ná die 2014-toernooi in Brasilië die eerste in Suid-Amerika, asook ná die 2018-toernooi in Rusland die eerste in Europa. Daarbenewens sal dit die eerste toernooi ooit in Marokko, Paraguay en Portugal wees, ná die heel eerste 1930-toernooi die tweede in Uruguay, ná die 1978-toernooi die eerste in Argentinië en ná die 1982-toernooi die eerste in Spanje.

Toewysing FIFA het die bodproses in 2022 begin. Aangesien die 2022-toernooi in Katar en die 2026-toernooi in Kanada, Meksiko en die Verenigde State aangebied word, was AFC- en CONCACAF-lede nie verkiesbaar vir die 2030-toernooi nie.

Op 11 Desember 2024 het FIFA bevestig dat Spanje, Portugal en Marokko die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2030 gesamentlik sal aanbied. Dié besluit is tydens 'n buitengewone FIFA-kongresvergadering aangekondig, waar die gashere vir beide die 2030- en 2034-toernooie ná 'n stemming gefinaliseer is.

Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2030 Lande Stemming eenparig

Kwalifisering Kwalifiserende spanne Die volgende span het vir die finale toernooi gekwalifiseer (soos op 11 Desember 2024):

duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering: SpanVerskynings by eindstrydeAgtereenvolgende deelnamesLaaste verskyningVorige beste prestasien.v.t.n.v.t.n.v.t.n.v.t.n.v.t.n.v.t.n.v.t.n.v.t.n.v.t.n.v.t.n.v.t.n.v.t.n.v.t.n.v.t.n.v.t.n.v.t.n.v.t.n.v.t.n.v.t.n.v.t.n.v.t.n.v.t.n.v.t.n.v.t.

Stadions Voor die afsluiting van die bodboek op 31 Julie 2024 het die Koninklike Spaanse Sokkerfederasie sy elf voorgestelde stadions in nege stede benoem. Dié beheerliggaam het ook twee bykomende stadions voorgestel, naamlik Nou Mestalla in Valencia en Balaídos in Vigo, maar dié twee stadions oorskry dalk FIFA se maksimum twintig stadions. Die lys gasheerstede is twaalf dae later gefinaliseer. Dit sluit ses stadions in ses stede dwarsdeur Marokko, drie stadions in twee Portugese stede en elf stadions in nege Spaanse stede in; altesaam twintig stadions in 17 stede.

+ Lys van moontlike kandidaatstede Stad Stadion Kapasiteit A Coruña Estadio Riazor 34 889 (vereis uitbreiding tot 40 000) Agadir Adrar Stadium 45 480 (sal uitgebrei word tot 70 000) Barcelona Camp Nou 105 000 Stage Front-stadion 40 000 Bilbao San Mamés-stadion 53 331 Casablanca Hassan II-stadion (nuut) 115 000 Fes Fes-stadion 45 000 (moontlike uitbreiding tot 55 800) Las Palmas Estadio Gran Canaria 32 392 (vereis uitbreiding tot 40 000) Lissabon Estádio da Luz 66 647 (moontlike uitbreiding tot 70 000) Estádio José Alvalade 50 095 (moontlike uitbreiding tot 52 095) Madrid Santiago Bernabéu Stadium 80 000 Metropolitano-stadion 70 460 Málaga La Rosaleda-stadion 30 044 (vereis uitbreiding tot 40 000) Marrakesj Marrakesj-stadion 45 240 Porto Estádio do Dragão 50 033 Rabat Prins Moulay Abdellah-stadion 65 000 (nuut) San Sebastián Anoeta-stadion 39 313 (vereis uitbreiding tot 40 000) Sevilla Estadio de La Cartuja 57 600 (moontlike uitbreiding tot 70 000–75 000) Tangier Ibn Batouta-stadion 65 000 (moontlike uitbreiding tot 75 600) Zaragoza La Romareda 42 500 (ná uitbreiding)

Drie Suid-Amerikaanse stede is ook in die bodboek benoem vir eeufeeswedstryde.

+ Lys van moontlike kandidaatstede Stad Stadion Kapasiteit Asunción Estadio Osvaldo Domínguez Dibb 46 000 Buenos Aires Estadio Monumental 84 593 Montevideo Estadio Centenario 62 782

Verwysings

Eksterne skakels

2030 Kategorie:Sport in 2030 Kategorie:Sokkerkompetisies in Argentinië Kategorie:Marokko Kategorie:Sokker in Paraguay Kategorie:Sport in Portugal Kategorie:Sokkerkompetisies in Spanje Kategorie:Sokker in Uruguay Kategorie:Geskiedenis van Argentinië Kategorie:Geskiedenis van Marokko Kategorie:Geskiedenis van Portugal Kategorie:Geskiedenis van Spanje Kategorie:Geskiedenis van Uruguay