Johan August Wahlberg (1810 – 1855) was 'n Sweedse natuurkundige. Hy het Suid-Afrika in die 1830's deurkruis, veral die Oos-Kaap en het omvattende versamelings skoenlappers en ander insekte opgebou. In 1855 het hy, vergesel van F. Green, 'n reis na die Ngamimeer onderneem. Terwyl hy in Matabeleland gejag het is hy deur 'n olifant doodgetrap.
Die standaard skrywer afkorting J.Wahlb. word gebruik om hierdie individu as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam aangehaal word.
Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.
Kategorie:Botanici Kategorie:Sweedse fisici Kategorie:Geboortes in 1810 Kategorie:Sterftes in 1855