Maurice van Essche (1906 – 1977) was 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar. Hy is op 4 Oktober 1906 in Antwerpen, België, gebore. Hy studeer in Parys onder Henri Matisse.

In 1939 word hy deur die Belgiese regering na die Kongo gestuur om daar studies van die stamme te skilder. Hy het oral in Europa uitstallings gehou. In 1943 aanvaar hy 'n pos as lektor in Skone Kunste aan die Witwatersrandse Tegniese Kollege.

In 1946 verhuis hy na Kaapstad. In 1952 word hy aangestel as senior lektor in die Skone Kunste aan die Michaelis-skool aan die Universiteit van Kaapstad. Daarna het hy sy werke gereeld op die Biennale-uitstalling, Venesië en ander belangrike uitstallings vertoon. Hy het later na Thonon, Frankryk, geëmigreer waar hy op 12 Junie 1977 oorlede is.

Bron Green, Eldred: Maurice van Essche - painter. In: Lantern. Tydskrif vir Volksopvoeding. Jaargang 5, nr. 3, Januarie 1956 Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.

Kategorie:Suid-Afrikaanse skilders Kategorie:Geboortes in 1906 Kategorie:Sterftes in 1977