Sir luitenant-generaal Louis Jacob van Deventer (18 Julie 1877 – 17 Augustus 1922) was 'n Suid-Afrikaanse militêre bevelvoerder. Hy is in 1877 in Ficksburg gebore. Hy het in die Tweede Vryheidsoorlog geveg en het as 'n kommandant, tweede-in-bevel onder generaal Jan Smuts, 'n prominente rol met sy beroemde inval van die Kaapkolonie gespeel. Later het hy by die Unie-Verdedigingsmag aangesluit en was die opperbevelvoerder in die Oos-Afrika-veldtog van 1917 tot 1918. Hy is op 27 Augustus 1922 in Pretoria oorlede.

Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.

Kategorie:Suid-Afrikaanse militariste Kategorie:Suid-Afrikaners in die Eerste Wêreldoorlog Kategorie:Mense in die Tweede Vryheidsoorlog Kategorie:Afrikaners Kategorie:Boeregeneraals Kategorie:Geboortes in 1877 Kategorie:Sterftes in 1922