Logis Hôtels is 'n gemeenskaplike handelsmerk van sowat 2 000 klein hotelle en restourante in Frankryk en Frans-Guyana, wat grotendeels in familiebesit is. Die gemiddelde aantal kamers per hotel is net sestien.
Die ruggraat van die vereniging se gemeenskaplike konsep is gasvryheid en 'n outentieke streekkarakter, wat ten opsigte van die kookkuns die klemtoon op plaaslike spesialiteite lê.
Lede van die Logis Hôtels is ingedeel in drie kategorieë, wat met die aantal simbole aangedui word. Drie simbole word aan luukse hotelle en restourante toegeken. Daarbenewens word aanvullende name vir restaurante soos Restaurant de Terroir, Restaurant Gourmand, Restaurant Savoreux en Table Distingué gebruik.
Eksterne skakels Die webwerf van Logis de France
Kategorie:Frankryk