Winnipeg 280px Kaart Wapen180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land Provinsie 20px Manitoba Koördinate Stigting 1798 as Fort Rouge Oppervlakte: - Totaal 461,78 vk km Hoogte bo seevlak 239 m Bevolking: - Totaal (2021) 749 607 - Bevolkingsdigtheid 1 623/vk km - Metropolitaanse gebied 834 678 Tydsone UTC -6 (SST) - Somertyd UTC -5 (SDT) Burgemeester Scott Gillingham Amptelike webwerf winnipeg.ca
Winnipeg (Engels: [ˈwɪnɪpɛɡ], is die hoofstad en grootste stad van die Wes-Kanadese provinsie Manitoba met 'n bevolking van 749 607 in die stad (2021) en 834 678 (of twee derdes van die provinsiale bevolking) in die metropolitaanse gebied. Winnipeg staan bekend as die Poort na die Weste (Gateway to the West) en speel 'n belangrike rol as nywerheid-, vervoer-, landbou-, finansiële en onderwyssentrum.
duimnael|links|Winnipeg se stadshorison Winnipeg lê naby die geografiese middelpunt van Noord-Amerika, in 'n oorstromingsvlakte digby die samevloeiing van die Red- en Assiniboineriviere, en in die oorgangsgebied tussen die uitgestrekte woudgebiede van die Kanadese Skild en die oop graslandskappe van die Groot Vlaktes.
Met die voltooiing van die spoorweg tussen Winnipeg en die Kanadese ooste in 1885 het die stad 'n vinnige ekonomiese opswaai beleef. Die bevolking het van 25 000 in 1891 tot 540 000 in 1971 gegroei. Dit was byna 'n eeu lank die snelste groeiende stad in die Groot Vlaktes van Kanada, en eers met die ontdekking van ruolievelde in Alberta in 1947 het Calgary en Edmonton tot die twee beduidendste groeisentra ontwikkel wat Winnipeg in 1976 as grootste metropole in die Groot Vlaktes verbygesteek het.
Die Universiteit van Manitoba is in die stad geleë. Winnipeg was een van die Kanadese gasheerstede tydens die Vrouesokkerwêreldbeker 2015.
Klimaat Winnipeg is een van die koudste groot stede ter wêreld, met gemiddelde temperature benede vriespunt van November tot Maart (en koue nagte met 'n gemiddelde van -18 °C teen die middel van die winter). Desondanks is die somers tussen Mei en September dikwels baie warm met uiterstes van meer as 35 °C. Die stad kry meer reën- en sneeuval as enige ander stad in die Kanadese prairiegebiede, ten spyte van die oorwegend sonnige weer.
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Hoofstede in Kanada Kategorie:Nedersettings in Manitoba