Die Austin-Ball A.F.B.1 is 'n enkelsitplek, dubbeldekker Britse vegvliegtuig wat tydens die Eerste Wêreldoorlog ontwikkwel maar nooit vervaardig was nie. Slegs een prototipe is gebou. Die navorser J.M. Bruce het in 1965 in sy boek War Planes of the First World War - Vol One bewys dat die bobaasvlieënier Albert Ball nie verantwoordelik was vir die ontwerp nie, maar slegs as raadgewer opgetree het. Die ontwerp was eers laat in 1916 voltooi.
Die ontwikkeling van die Austin-Ball A.F.B.1 was 'n privaatonderneming deur Austin Motor Company en tydens 'n besoek van Albert Ball aan die fabriek het hy ingestem om op te tree as raadgewer. Daarna het hy ook 'n groot rol gespeel om Brigadier-generaal Sefton Brancker, van die Oorlogkantoor, te oorrreed om twee prototipes te bestel. Ongelukkig vir Ball het hy nooit die A.F.B.1 in aksie gesien nie omrede hy op 7 Mei 1917 gesterf het tydens 'n missie. Die eerste prototipe het eers in Julie 1917 gevlieg. Die resultate was belowend met betrekking tot spoed en klimvermoë maar daar was probleme met die draai en rol vermoë van die vliegtuig. Die prototipe was aangedryf deur 'n 200 perdekrag Hispano-Suiza enjin. Een voordeel van Ball se raad is dat die vlieënier 'n uitstekende sig gehad uit en om die kajuit. Twee 0.303 Lewismasjiengewere was geïnstalleer, een bo-op die boonste vlerk en een wat deur die hol skag van die skroef geskiet het.
Austin was egter volstoom besig om die Royal Aircraft Factory S.E.5 te vervaardig wat ook die Hispano-Suiza gebruik het; dus kon die A.F.B.1 nooit in produksie gegaan het nie.
Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Austin-Ball A.F.B.1: Item Statistiek Aantal motors1 Tipe motorSkroef VervaardigerHispano-Suiza waterverkoelde v-tipe Kraglewering per motor200 perdekrag Vlerkspan9,14 m Lengte6,55 m Hoogte 2,82 m Vlerkoppervlakte26,94 m2 Maksimum opstygmassa942 kg Maksimum snelheid222 km/h op seevlak Operasionele hoogte6 706 m Uithouvermoë2.0 ure en 15 minute Klimvermoë3,000 m in 10 minuteBewapeningTwee 03.303 Lewismasjiengewere: een bo-op die boonste vlerken een in vliegtuig: skiet deur skroef se skag.
Sien ook Lys van vegvliegtuie
Bron Fighters 1914-1919: Attack and Training Aircraft, Kenneth Munson, 2004,
Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Eerste Wêreldoorlog