Die Venetia-diamantmyn is Suid-Afrika se grootste produsent van diamante. Dit is naby die plattelandse dorp van Alldays in die Limpopoprovinsie geleë en is binne die 360 km² Venetia Limpopo-natuurreservaat.

Die oopgroefmyn is een van De Beers se ses oorblywende diamantmyne in Suid-Afrika en die enigste groot diamantmyn wat in die land ontwikkel is die afgelope 25 jaar. Die myn verteenwoordig een van De Beers se grootste beleggings in Suid-Afrika. Die myn is in 1992 deur Harry Oppenheimer, 'n voormalige De Beers-voorsitter, geopen.

In 2004 het die myn 955 werknemers gehad en 7 187 300 karaat (1 437,5 kg) se diamante herwin uit 5 871 000 metrieke ton erts.

Die Koloperivier vloei 8 km na die weste van die myn. Opgaardamme is in twee van sy sytakke gebou. Hydrogeology of the Venetia Diamond Mine, South Africa

Verwysings

Eksterne skakels Sustaining Water Supplies While Responding to Operational Requirements at De Beers Venetia Mine Effect of Small Catchment Dams on Downstream Vegetation of a Seasonal River in semi-arid African Savanna

Kategorie:Diamantmyne in Suid-Afrika