Die Junkers D.I is 'n Duitse enkelsitplek, monovlerk vegvliegtuig wat tydens die Eerste Wêreldoorlog diens gedoen het. Dit was volledig uit metaal vervaardig. Die ontwikkeling van die D.I kan teruggevoer word na die eerste monovlerk metaalvliegtuig: die J-1 (Junkers se kode) wat op 12 Desember 1915 sy nooiensvlug voltooi het. 'n Paar ander monovlerk prototipes het gevolg en die J-7 was die ware voorloper van die D.I; voltooi in Oktober 1917. Die J-7 was aangedryf deur 160 perdekrag Mercedes D.III motor. Interessant genoeg was die verkoeler van die motor bo-op die enjinblok gemonteer maar later na die voorkant van die motor geskuif. Die J-7 het ook skarnier vlerkpunte gehad in stede van rolroere maar dit is later vervang met konvensionele rolroere. Die J-9 het later verskyn, dit was 'n groter, verfynde J-7 wat in Maart 1918 sy nooiensvlug voltooi het. Die J-9 is die D.I genoem deur die Duitse owerhede.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Junkers D.I: Item Statistiek Aantal motore 1 Tipe motor Skroef Vervaardiger Mercedes D.IIIaü waterverkoel inlyn Kraglewering per motor 160 perdekrag Vlerkspan9.00 m Lengte7,25 m Hoogte2,6 m Vlerkoppervlakte14,80 m2 Maksimum opstygmassa834 kg Maksimum snelheid220 km/h op seevlak Operasionele hoogte 6 700 m Togafstand 1 uur en 30 minute Klimvermoë 5,000 m in 22¼ minute met BMW motor Bewapening Twee gesinchroniseerde Spandau masjiengewere

Sien ook Lys van vegvliegtuie

Bron Fighters 1914-1919: Attack and Training Aircraft, Kenneth Munson, 2004,

Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Eerste Wêreldoorlog