Die Paranalsterrewag is ’n sterrewag wat deur die Europese Suidelike Sterrewag (ESO) onderhou word. Dit is in die Atacamawoestyn van Noord-Chili op Cerro Paranal geleë, op ’n hoogte van 2 635 m. Volgens algehele ligversamelingsarea is dit die grootste optiese-infrarooisterrewag in die Suidelike Halfrond. Net die Mauna Kea-sterrewag op Hawaii in die Noordelike Halfrond is groter.

Die Baie Groot Teleskoop (VLT) is die grootste teleskoop hier en bestaan uit vier aparte 8,2 m-teleskope. Daarbenewens kan die vier hoofteleskope hul lig kombineer om ’n vyfde instrument, die Baie Groot Teleskoop-interferometer (VLTI), te vorm. Vier hulpteleskope van 1,8 m elk is ook deel van die VLTI en kan gebruik word wanneer die hoofteleskope met ander projekte besig is.

Op die terrein is ook die VLT-opnameteleskoop (VST) van 2,6 m en die VISTA-opnameteleskoop van 4 m wat saam groter dele van die hemelruim kan bespied.

Teleskope Uit die lug 300px|duimnael|links|Die vier hoof- en vier hulpteleskoope van die VLT en die VST op die hoofpiek en VISTA op die agtergrond.

Uit die lug gesien, kan die vier groot eenhede van die VLT en die vier klein, koepelvormige hulpteleskope duidelik gesien word. Die Opnameteleskoop (VST) staan net langsaan, terwyl die VISTA-teleskoop op ’n tweede piek sowat 1 500 m van daar staan.

Baie Groot Teleskoop

Die VLT bestaan uit vier 8,2 m-teleskope wat in die sigbare en infrarooispektrums werk. Hierdie teleskope en die vier hulpteleskope word op sekere nagte saam gebruik as ’n optiese interferometer.

VISTA-opnameteleskoop VISTA (vir Visible & Infrared Survey Telescope for Astronomy) is ’n 4 m-teleskoop met ’n wye gesigsveld wat op infrarooi-opnames van die lug fokus. Dit is deur ’n konsortium van 18 Britse universiteite naby die VLT gebou en in Desember 2009 aan die Europese Suidelike Sterrewag oorgedra.

VLT-opnameteleskoop Die VST is ’n 2,6 m-teleskoop wat gebruik word om die VLT's met hul werk te help.

Oorgangsteleskoop (NGTS) Die Oorgangsteleskoop (NGTS) is ’n gerief vir opnames van eksoplanete en lê ’n paar kilometer van die ander teleskope. Dit bestaan uit 12 robotteleskope van 0,2 m met ’n baie groot gesigsveld van 96 vierkante grade of ’n paar honderd keer so groot as die volmaan. Die doel daarvan is om talle planete so groot soos die Aarde en Neptunus om nabygeleë sterre op te spoor met behulp van oorgangsfotometrie. Die NGTS word onderhou deur ’n vennootskap van sewe akademiese instellings van Chili, Duitsland, Switserland en Brittanje. Wetenskaplike werksaamhede het vroeg in 2015 begin.

Galery

Verwysings

Eksterne skakels European Southern Observatory homepage ESO - Interferometry

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Europese Suidelike Sterrewag Kategorie:Geboue en strukture in Chili Kategorie:Sterrewagte