duimnael|Die bloed van 'n slagoffer van Streptococcus pyogenes. Die streptokokke is sigbaar as kettings tussen die rooibloedselle. Bloedvergiftiging (of sepsis) is 'n lewensgevaarlike siektetoestand, veral wanneer dit deur bakterieë veroorsaak word wat normaalweg die vorming van etter stimuleer. Die liggaam se reaksie op infeksie veroorsaak beskadiging van sy eie weefsel en organe.
Daar is sowat 350 soorte bakterieë wat siektes by die mens veroorsaak. Hierdie mikrobes staan as menslike patogene of siektekieme bekend en hoewel die siektes wat hulle veroorsaak uiters uiteenlopend is, oefen al hierdie mikrobes hul nadelige invloed op een van slegs twee maniere uit.
Twee soorte infeksie Party mikrobesoorte veroorsaak siektes vanweë hul vermoë om die liggaam binne te val. Sodra hulle 'n vastrapplek in die liggaamsweefsel gekry het, vermenigvuldig hulle uiters vinnig en versprei dan deur die weefsel rondom die plek van infeksie. Mettertyd kan hule, bloot deur hul getalle, die liggaamsweefsel so ontwrig dat die organe hul funksies nie meer doeltreffend kan uivoer nie. Party van die invallende soorte versprei van die gebied wat oorspronklik besmet is na die bloedstroom. Hier teel hulle net so vinnig aan en binne kort tydsbestek bevat die bloed dus miljoene van die organismes. Hierdie toestand, veral wanneer dit deur bakterieë veroorsaak word wat nomaalweg die vorming van etter stimuleer, word bloedvergiftiging of septikemie genoem.
Die tweede manier waarop bakterië siektes kan veroorsaak, verskil baie van die eerste. Pleks daarvan dat hulle in die liggaamsweefsel versprei, vestig die mikrobes hulle op die plek waar hulle hul eerste vastrapplek gekry het. Namate hulle groei, produseer hulle 'n gifstof wat as bakteriese eksotoksien bekend staan. Hierdie gifstof, wat sommer kortweg toksien genoem word, versprei na die bloed en word na alle dele van die liggaam gedra, waar dit sy giftige invloed op alle weefsel laat geld wat daarvoor vatbaar is. Hierdie toestand staan as toksemie of toksienvergiftiging bekend.
Oorsaak Veral twee mikrobesoorte is verantwoordelik vir bloedvergiftiging. Die een, wat bekend staan as Streptococcus pyogenes, is die algemeenste oorsaak van seer keel en word dikwels self in die kele van mense wat heeltemal gesond voorkom, gevind. Dit is dus nie ongewoon dat hierdie mikrobes op 'n mens se vel (huid) voorkom nie. As hulle dan die onderhuidse weefsel vanweë 'n besering binnedring, kan daar besmetting ontstaan wat, sodra dit na die bloed versprei, streptokokke-bloedvergiftiging veroorsaak.
Die tweede mikrobe of bakterie wat bloedvergiftiging veroorsaak, is Stahylococcus pyogenes. Hierdie mikrobe lewe in baie mense se neuse en is dikwels die oorsaak van pitswere en puisies. Gewoonlik is die uitwerking van die mikrobe taamlik gelokaliseer in hierdie onaangename sere, maar as 'n puisie gedruk word, kan die mikrobes na die bloed ontsnap, waar hulle vinnig aanteel en stafilokokke-bloedvergiftiging veroorsaak.
Siektes wat tot baie lewensverlies gelei het, maar gelukkig weens moderne middels en tegnieke nou baie skaars is, is: +Ernstige siektes as gevolg van bloedvergiftiging SiekteTeikenMikrobeVerspreidingSkarlakenkoorsKindersStreptokokke-bloedvergiftigingvanaf keel na bloed KraambedkoorsMoedersStreptococcus pyogenesuterus (baarmoeder)Bloedvergiftiging (tydens lykskouing opgedoen)DoktersStreptococcus pyogenessnyplek of prik in vel
Behandeling Voor die ontdekking van sulfanomides in 1935 kon dokters baie min doen vir slagoffers van bloedvergiftiging. Die siekte was feitlik altyd noodlottig, veral tydens oorlog. Die ontwikkeling van chemoterapie (behandeling met chemiese middels) het egter die siekteverloop baie meer voorspelbaar gemaak en die lewe van baie pasiënte kon red.
Alexander Fleming was 'n Britse bakterioloog en die ontdekker van penisillien. Dit en later, antibiotika, het gehelp om die invallende mikrobes te dood deurdat die middels deur die bloedstroom gesirkuleer word. Die ontwikkeling van die siekte word sodoende tot stilstand gebring.
Sien ook Patogeen Bakterie Alexander Flemming Toksies Patologie Siekte Infeksie Antibiotikum
Bron KENNIS, vol 7, 1980, bl. 1276-1277,
Kategorie:Aansteeklike siektes