Sterrekundige simbole is simbole wat gebruik word om sterrekundige voorwerpe, konstruksies of gebeure voor te stel. Die vroegste vorme van hierdie simbole verskyn in antieke Griekse papirusse. Nuwe simbole is ook geskep om planete en kleinplanete wat in die 18de tot 20ste eeu ontdek is, voor te stel.

Die simbole is eens algemeen gebruik deur amateur- en professionele sterrekundiges, alchemici en astroloë. Hoewel hulle steeds algemeen in almanakke en astrologiese publikasies gebruik word, het hul gebruik in navorsings- en sterrekundige geskrifte afgeneem, met sommige uitsonderings soos die simbole vir die Aarde en Son en sekere diereriemtekens wat die sonstilstande en nagewenings voorstel.

Unicode kan die meeste simbole weergee, hoofsaaklik in Miscellaneous Symbols Block (2600-26FF)The Unicode Consortium en Miscellaneous Symbols and Pictographs Block (1F300-1F5FF).

Simbole vir die Son en Maan Van die simbole vir die Son en Maan dateer uit die antieke tyd. Die vorm van die simbole wat in die oorspronklike papirusse van Griekse sterrevoorspelling verskyn het, is ’n sirkel met een straal (x15px) vir die Son en ’n sekelmaan vir die Maan. Die moderne sonsimbool, ’n sirkel met ’n punt in (☉), het tydens die Renaissance die eerste keer in Europa verskyn.

In moderne akademiese gebruik word die sonsimbool gebruik vir sterrekundige konstantes wat met die Son verband hou. Die massa, radius en ligsterkte van sterre word dikwels uitgebeeld deur die ooreenstemmende sonkonstantes as meeteenheid.

Son Naam Simbool Unicode-kodering Unicode-voorkoms Verteenwoordig Son 24px|Sol U+2609(dec 9737) Die Son (die middelpunt van ons planeetstelsel). 24px|Sol U+1F71A(dec 128794) Die Son met een straal. 24px|Sun with face U+1F31E(dec 127774) Die gesig van die Son; nie ’n sterrekundige simbool nie.

Maan Naam Simbool Unicode-kodering Unicode-voorkoms Verteenwoordig Maan, eerste kwartier 24px|First quarter moon U+263D(dec 9789) ’n Groeiende Maan. 24px|First quarter moon with face U+1F31B(dec 127771) Volmaan 24px|Full Moon U+1F315(dec 127765) ’n Sirkel, soos dit in die lug lyk. 24px|Full Moon with face U+1F31D(dec 127773) Maan, laaste kwartier 24px|Last quarter Moon U+263E(dec 9790) ’n Afnemende Maan. 24px|Last quarter Moon with face U+1F31C(dec 127772) Donkermaan 24px|New Moon U+1F311(dec 127761) 24px|New Moon with face U+1F31A(dec 127770)

Sonkonstantes Konstante Simbool Waarde Sonligsterkte 3,839 W, of 3,839 erg/s Sonmassa 1,98892 kg Sonradius 6,955 m Effektiewe sontemperatuur Teff☉ 5 777 K Bronne vir simbole:

Simbole vir die planete duimnael|240px|’n Middeleeuse uitbeelding van die diereriem en die klassieke planete. Die planete word deur sewe gesigte verteenwoordig.

Simbole vir die klassieke planete verskyn in die Middeleeuse Biasantynse geskrifte. Die geskrewe simbole vir Mercurius, Venus, Jupiter en Saturnus kan teruggevoer word na vorme in die Laat-Griekse papirusse. Die simbole vir Jupiter en Saturnus is monogramme van die ooreenstemmende Griekse name en die simbool vir Mercurius is ’n gestileerde boodskapperstaf. Volgens Annie Scott Dill Maunder is die voorlopers van die planeetsimbole in kuns gebruik om die gode wat met die klassieke planete verbind is, te verteenwoordig; Bianchini's planisphere, uit die 2de eeu, wys Griekse personifikasies van planetêre gode met die vroeë weergawes van die planetêre simbole: Mercurius het ’n boodskapperstaf; Venus het ’n koord aan haar halssnoer vas wat aan ’n ander halssnoer verbind is; Mars, ’n spies; Jupiter, ’n staf; Saturnus, ’n sekel; die Son ’n sirkeltjie met strale; en die Maan ’n kopstuk met ’n sekelmaan.

Die kruise wat met baie planete verbind word, is volgens Maunder skynbaar bygevoeg "in ’n poging om ’n Christelike geurtjie te verleen aan die simbole van die heidense gode".

Die simbool vir Uranus is kort ná sy ontdekking geskep. Een simbool was veronderstel om die nuut ontdekte metaal platinum voor te stel; aangesien platinum, algemeen bekend as wit goud, ontdek is gemeng met yster, is die simbool vir platinum ’n kombinasie van dié vir yster, ♂, en dié vir goud, ☉. Die simbool kombineer ook die simbole vir Mars se spies (♂) en die Son (☉) omdat Uranus in die Griekse mitologie die hemel verteenwoordig.

Verskeie simbole is vir Neptunus voorgestel om die planeet se naam te verteenwoordig. Verskeie name is voorgestel voordat eindelik op Neptunus besluit is.

Die Internasionale Sterrekundige Vereniging (IAU) ontmoedig die gebruik van hierdie simbole in artikels. In sekere gevalle waar dit gebruik mag word, soos in die opskrifte van kolomme, word sekere een- en tweeletter-afkortings toegelaat.

Planete Naam IAU-afkorting Simbool Unicode-kodering Unicode-voorkoms Verteenwoordig Mercurius Me 24px|Mercury U+263F(dec 9791) Mercurius se boodskapperstaf Venus V 24px|Venus U+2640(dec 9792) Venus se halssnoer (of handspieël) Aarde E 24px|Earth U+2641(dec 9793) ’n Ryksappel en kruis 24px|Earth U+1F728(dec 128808) Aardbol met ewenaar en meridiaan (alternatiewe karakters met ’n soortgelyke vorm: U+2295 ⊕, U+2A01 ⨁, U+1F310 🌐) Mars Ma 24px|Mars U+2642(dec 9794) Mars se skild en spies Jupiter J 24px|Jupiter U+2643(dec 9795) Die letter zeta (vir Zeus) Saturnus S 24px|Saturn U+2644(dec 9796) Saturnus se sekel Uranus U 24px|Uranus U+26E2(dec 9954) Platinum 24px|Uranus U+2645(dec 9797) ’n Aardbol met die letter "H" daarbo (vir Herschel), Neptunus N 24px|Neptune U+2646(dec 9798) Neptunus se driepuntvurk

Simbole vir die kleinplanete Simbole vir enkele kleinplanete is:

Kleinplanete Naam Simbool Unicode-kodering Unicode-voorkoms Verteenwoordig 1 Ceres 24px|Ceres U+26B3(dec 9907) ’n Onderstebo sekel 2 Pallas 24px|Pallas U+26B4(dec 9908) 3 Juno 24px|Juno U+26B5(dec 9909) 'n Septer met 'n ster daarbo4 Vesta 24px|VestaU+26B6(dec 9910) ’n Altaar met ’n vuur op 24px|Vesta134340 Pluto 24px|Pluto U+2647(dec 9799) PL, monogram vir Pluto en Percival Lowell 24px|Pluto U+2BD3

Diereriemtekens en -sterrebeelde Die diereriemsimbole het verskeie vertolkings. Na gelang van die konteks, kan dit óf ’n sterrebeeld óf ’n punt op die sonnebaan wees.

Lyste sterrekundige verskynsels sluit soms konjunksies van sterre en planete of die Maan in; eerder as om die volle naam van die ster te publiseer, word die Bayer-afkorting (’n Griekse letter en die simbool van die sterrebeeld waarin die ster voorkom) gebruik. Die sonnebaan word soms in 12 "tekens" verdeel, wat elk in 30 grade verdeel word, en die "teken"-komponent of ekliptiese lengte word aangedui óf met ’n getal van 0 tot 11 The 1834 edition of the Nautical Almanac and Astronomical Ephemeris abandoned the use of numerical signs (among other innovations); compare the representation of (ecliptic) longitude in the editions for the years 1834 and 1833. óf met ’n ooreenstemmende diereriemsimbool.

In moderne akademiese geskrifte het al die sterrebeelde, insluitende dié van die diereriem, ’n afkorting wat uit drie letters bestaan. Die diereriemsimbole word ook soms gebruik om punte op die sonnebaan te verteenwoordig, veral die sonstilstande en nageweninge. Elke simbool verteenwoordig die "eerste punt" van elke teken; dus staan ♈︎ vir die lentenagewening in die Noordelike Halfrond, ♋︎ vir die somersonstilstand, ♎︎ die herfsnagewening en ♑︎ vir die wintersonstilstand.

Diereriem Naam IAU-afkorting Tekens Grade Simbool Latyn Unicode-kodering Unicode-voorkoms Ram Ari 0 0° 24px Aries U+2648(dec 9800) Bul Tau 1 30° 24px Taurus U+2649(dec 9801) Tweeling Gem 2 60° 24px Gemini U+264A(dec 9802) Kreef Cnc 3 90° 24px Cancer U+264B(dec 9803) Leeu Leo 4 120° 24px Leo U+264C(dec 9804) Maagd Vir 5 150° 24px Virgo U+264D(dec 9805) Weegskaal Lib 6 180° 24px Libra U+264E(dec 9806) Skerpioen Sco 7 210° 24px Scorpio U+264F(dec 9807) Boogskutter Sgr 8 240° 24px Sagittarius U+2650(dec 9808) Steenbok Cap 9 270° 24px Capricorn U+2651(dec 9809) Waterdraer Aqr 10 300° 24px Aquarius U+2652(dec 9810) Visse Psc 11 330° 24px Pisces U+2653(dec 9811)

Ander simbole Simbole vir aspekte en knope kom in Middeleeuse geskrifte voor, hoewel die knoopsimbole verskil het van die moderne gebruik; ☊ het voorheen vir die dalende knoop gestaan en ☋ vir die klimmende knoop.

Die simbole vir die aspekte het al in Bisantynse geskrifte voorgekom. Van die simbole vir die vyf Ptolemaeus-aspekte, word net die drie wat hier aangegee word, in sterrekunde gebruik: vir konjunksie, opposisie en kwadratuur.

Simbole vir ’n komeet (☄) en ’n ster (16px) word in sterrekundige waarnemings van komete gebruik. In sulke tabelle staan ☄ vir die komeet wat bespreek word en 16px vir die ster van vergelyking met betrekking waartoe die meting van die komeet se posisie gemaak is.

Ander simbole Naam Simbool Unicode-kodering Unicode-voorkoms Klimmende knoop 24px U+260A(dec 9738) Dalende knoop 24px U+260B(dec 9739) Konjunksie 24px U+260C(dec 9740) Opposisie 24px U+260D(dec 9741) Kwadratuur 24px U+25A1(dec 9633) Komeet 24px U+2604(dec 9732) Ster 24px U+2605(dec 9733)

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Hemelliggame