Kai Larsen (15 November 1926, Hillerød - 23 Augustus 2012)In memoriam: Kai Larsen (2012). Species New to Science. Retrieved 2012-11-13. was 'n Deense plantkundige.

Kai Larsen was 'n professor in plantkunde (emeritus vanaf 1 Desember 1996) aan die Universiteit van Aarhus, Denemarke. Hy was die Deense redakteur van Flora Nordica, redakteur van Flora of Thailand, adviseur vir Flora of China en uitvoerende lid van Flora Malesiana.

Hy was 'n lid van die Noorse Akademie vir Wetenskap en Lettere en die Koninklike Deense Akademie vir Wetenskappe en Lettere.

Die standaard outeursafkorting K.Larsen word gebruik om hierdie persoon as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam aangehaal word.

Navorsing Suidoos-Asiatiese florastreek, veral Thailand, Maleisië en Indo-China. Hersienings van verskeie families, onder meer Caesalpiniaceae, Caryophyllaceae en Lowiaceae vir etlike van die streeksfloras. Zingiberaceae vir Flora of Thailand en Flora Malesiana.

Eponymiese spesies Sommige plante word na hom vernoem om sy bydrae tot die studie van Asiatiese flora te erken:

Genera Kailarsenia, geurige plante van die familie Rubiaceae wat inheems is aan Suidoos-Asië Larsenaikia, 'n eens endemiese Australiese Gardenia-spesie in die familie Rubiaceae 1993. Larsenaikia, a new genus of the Rubiaceae from Australia. Nordic J. Bot. 13:175–184. Die generiese naam Kaisupeea B.L. Burtt (Gesneriaceae) vereer Kai en Supee Larsen.

Spesies Burmannia larseniana D.X.Zhang & R.M.K.Saunders (Burmanniaceae) Bauhinia larsenii Y.F. Chen & D.X. Zhang, fossiel-Leguminosae van suidelike China 2005 Bauhinia larsenii, a fossil legume from Guangxi. Bot. J. Linn. Soc. 147: 437-440. Caulokaempferia larsenii Suksathan & Triboun Cornukaempferia larsenii Saensouk, Theerakulpisut, & Chantaranothai 2007. Cornukaempferia larsenii sp. nov. (Zingiberaceae): a new species from Thailand. The Natural History of Chulalongkorn University. 7: 169–173. Curcuma larsenii C. Maknoi & T. Jenjittikul (2006). A new species of Curcuma L. (Zingiberaceae) from Southeast Asia. In: Gardens' Bulletin (Singapoer) 58(1): 41-46, ISSN 0374-7859, CODEN GABUAV. Impatiens larsenii T. Shimizu 1977. Some additional notes on Impatiens (Balsaminaceae) of Thailand. Acta Phytotax. Geobot. 28 (1-3): 31-34. Kaempferia larsenii Sirirugsa Mouretia larsenii Tange Zingiber larsenii Theilade

Sien ook Plantkunde Lys van botaniste volgens outeursafkorting

Verwysings

Kategorie:Botanici Kategorie:Plantkunde Kategorie:Geboortes in 1926 Kategorie:Sterftes in 2012